Leanri Pretorius
Toe Charlize Theron in ’n podsending ‘n opmerking maak dat net 44 mense nog Afrikaans praat en dat dit ‘n sterwende taal is, het dit binne enkele dae die hele Suid-Afrika aan die praat gehad.
Die vraag is wel: Is Afrikaans ’n sterwende taal?
NEE!
Die vooruitskatting van die hoeveelheid mense wat teen 2041 nog die unieke taal sal praat, is meer as 7 miljoen. Charlize se skatting is dus so ’n klein bietjie uit.
Wat wel ‘n problem in die toekoms sal wees, is dat Afrikaanssprekendes proporsioneel tot die algehele bevolking sal krimp van 11,7% in 2021 tot 9% in 2041. Daarom is dit uiters belangrik dat ons aanhou eet, leef en dink in Afrikaans.
Daar is verskeie gebiede waarin Afrikaans duidelik goed of swak vaar. In die kunste vaar dit uitstekend, maar in die regstelsel en onderwys sukkel dit om kop bo water te hou. Meer ouers maak hulle kinders Engels groot omdat Engels die mees gesproke taal ter wêreld is. Daarom is daar minder skole wat klasse in Afrikaans ook aanbied. Dit is as gevolg van verengelsing dat Afrikaanssprekendes al hoe minder word.
Soos Media24 sê: “Afrikaans is nog springlewendig en gesond, ten spyte van al die uitdagings wat hom in die gesig staar.”
Dit is ons plig as trotse Afrikaanssprekendes om hierdie taal te beskerm teen uitsterwing!
Wees Afrikaans. Wees DF.