Wat het werklik gebeur met die Titan?

[Leah Coetzee]

Die Titan: ‘n geleentheid om die misterie van die Titanic te ondersoek of ‘n katalisator vir tragedie? Hierdie vraag is beantwoord op 18 Junie 2023.

Die eienaar

Die Titan, ook bekend as Cyclops 2, is ‘n eksperimentele onderwatertuig wat deur OceanGate ontwikkel is. Stockton Rush, besigheidsman en ingenieur, was die hoof uitvoerende beampte van OceanGateen loods van die Titan. Rush het ‘n droom gehad om die onbekende en wonderwerke van die diepsee te ondersoek. In ‘n onderhoud met Dawid Pogue het Rush gesê dat veiligheid soms net onnodig is. Daar word gespekuleer dat hierdie gebrek aan veiligheid gelei het tot die ongeluk.

Die passasiers

Stockton Rush (61), Shahzada Dawood (48), Suleman Dawood (19), Hamish Harding (58) en Paul Henri Nargeolet (77) het $250 000 spandeer om ‘n geleentheid van ‘n leeftyd te beleef.

Nargeolet, ook bekend as Mr. Titanic, was ‘n Fransman en ‘n voormalige vlootkaptein. Hy het meer as 35 keer geduik om die Titanic en al sy skatte te verken. Nargeolet het die harte van die media gesteel, omdat hy beskryf is as ‘n intelligente man met ‘n groot hart vir mense. In ‘n onderhoud met Reuters, het Nargeolet se dogter, Sidonie Nargeolet, gesê dat sy glo haar pa is waar hy moes weet. By die plek waar hy sy passie gevind het.

Ons innige meegevoel aan die geliefdes van die passasiers wat hulle lewens verloor het.

Die oorsaak van die ineenploffing

Waarskuwings oor die veiligheid van die Titanhet op dowe ore geval. Rob McCallum het aan Rush verklaar dat hy sy kliënte in gevaar stel en het hom aanbeveel om die reise te stop.

‘n Vorige ingenieur van OceanGate, wie se naam onbekend is, is afgedank omrede hy sy bekommernisse oor die veiligheid van die Titan gelug het. In een van die Titan se suksesvolle ritte na die Titanic, het ‘n onbekende passasier sy ervaring vergelyk met selfdood.

Volgens James Cameron, ‘n veteraan diepsee-navorser, was dit slegs ‘n kwessie van tyd voordat die Titan sy laaste rit neem, as gevolg van die swak ontwerp. Die koolstofvesel-silinder is ‘n vreemde materiaal wat gebruik is deur OceanGate, aangesien dit aansienlik swakker is as staal en titanium wanneer dit kom by onderwatertuie. Hierdie materiaal is nie getoets teen die druk van die water nie, wat hand aan hand gaan met diepseeduik. Rooi ligte het afgegaan, maar niemand wou luister nie.

En so is dit bevestig. Op 26 Junie 2023, is die waarheid geopenbaar. Die VSA-kuswag het verklaar dat stukkies van die Titan gevind is en dus is dit vasgestel dat die Titan ineengeplof het.

Sosiale media

Sosiale media speel ‘n groot rol in ons moderne nuus. Soms is dit lekker om te lag oor ‘n beurkrag-grappie of om ‘n spotprent te deel oor ons korrupte regering. Tog moet ons as ‘n samelewing identifiseer wanneer hierdie grappies onsensitief is en skade verrig. Kort video’s en memes oor die Titan-ineenplofing het op sosiale media versprei soos ‘n veldbrand. Hierdie inhoud spot met lewens wat verlore is en ignoreer die werklike tragedie wat plaasgevind het. Ander se seer moet nooit ‘n geleentheid vir humor word nie. Die hoeveelheid geld wat ‘n persoon het, bepaal nie hul waarde nie.

Mag die Titan en die lewens wat verlore is vir ons almal ‘n les wees: Gryp elke avontuur aan wat die lewe na jou kant toe gooi, maar onthou die belangrikheid van veiligheid.


Leah Coetzee