Reën-terapie

[Caro Thirion]

Reën het ‘n baie groot impak op ons lewens. Reën laat ons riviere vloei. Dit maak ons woude groen, laat ons blomme blom, laat ons gras groei, maar dit laat ons ook beter voel.

Het jy al ooit gewonder hoekom jy altyd so goed voel as dit reën? Dit is omdat die klank van reën op jou huis se dak endorfiene in jou brein afskei. Dit is die hormoon wat jou gelukkig laat voel.

Die klank van reën is baie terapeuties, omdat dit pienk geluide genoem word. Pienk geluide laat mense baie rustig en kalm voel, wat hulle gewoonlik laat slaap. Meer as 80% van mense slaap beter wanneer dit reën.

Reën kan ook jou fisiese welstand beïnvloed. As jy in die reën gaan stap, is die lug baie varser as in jou huis. Die reën maak ook jou vel skoner, so nou het jy geen behoefte om duur skoonheidsprodukte te koop nie. Jy kan net ‘n entjie in die reën gaan stap.

Reën dien as inspirasie vir talle kunstenaars, musikante en skrywers. Byvoorbeeld, die musiekblyspel Dancing in the Rain of Taylor Swift se liedjie, Come in with the rain, wat oor hoop handel.

Lady Gaga se Rain on me, is nie ‘n liedjie wat direk oor reën handel nie, maar dit laat ‘n mens tog voel asof jy in die reën wil dans. Laat jouself toe om inspirasie te vind in die volgende reënbui.


Caro Thirion

Caro spandeer die meeste van haar tyd aan kultuur. Sy is deel van die koor en dans as ‘n buitemuurse aktiwiteit. Sy geniet dit om na musiek te luister, maar as jy vir haar vra wat haar gunstelingliedjie is, sal sy nie slegs een kan kies nie.