Paasfees

[Carene Wiggens]

Elke jaar wanneer die blare begin verkleur, die dae korter raak en die nagte langer word, weet ons dat Paasfees om die draai is.

Hierdie fees, ‘n Christelike tradisie, herdenk die opstanding van Jesus Christus. Dit is ‘n simboliese viering van nuwe lewe, hoop en oorwinning oor die dood.

Wanneer Paasfees aanbreek, is gesinne se kombuiskaste vol paaseiers, wat waarskynlik een van die mees herkenbare simbole van die Paasfees-seisoen is. ‘n Paaseier laat jou dadelik dink aan daardie ryk, donkerbruin soetgoed wat Christene van oor tot oor laat glimlag. Dié sjokolade bring ‘n gevoel van vreugde en liefde asof hulle die belofte van Paasfees perfek vasvang.

Hierdie verhaal van Paasfees gaan wel nie net oor die sjokolade nie. Die geel en wit wat in paaseiers voorkom, stel ook sekere waardes voor: die wit stel reinheid, vrede en die kern van Christene se geloof voor, terwyl die geel die son en lig simboliseer. Dit herinner ons ook aan die hoop en nuwe lewe wat Paasfees voortbring.

Paasfees bring vir ons almal ‘n kans om weer hoop te vind en om met dankbaarheid en vreugde te leef. Geseënde Paasfees!

Carene Wiggins

Carene hou van sport, met honde speel en die see is haar gunstelingplek om te wees.