[Gabriella-Maria de Faria]
Ek sien die mense
Die meisies wat sit met hulle hakke gelig,
bang oor die gewig wat in hul bene sit
Ek sien die meisies wat los klere dra
bang dat iemand oor hulle gewig gaan vra
Ek sien die meisies wat na die ander staar,
wat wens hulle lyfies was so maer
Ek sien die room en die onderlaag,
daar om imperfeksies weg te jaag
Ek sien die juwele en mooi armbande
dit is net emosionele verbande
Ek sien die rooi trane
soos ‘n suur op hulle wange
Die skaal se getal is te hoog of te laag
wat meer kan hulle doen, is hulle vraag
Ek sien die vals laggies
en die seermaakgrappies
Ek weet ons is nog tieners
Waarom is ons voorkoms ons vrees?
Ek verstaan die pyn wat ons almal dra
maar weet jy, ons almal word deur iets gepla
Ek sien…
Ek weet…
Ek verstaan.
