Taylor Swift en Midnights

Anika Burger

Taylor Swift is ‘n baie suksesvole sanger en liedjieskrywer met miljoene aanhangers wȇreldwyd. Die laaste jaar het sy baie van haar ouer albums heropgeneem en weer vrygestel as Taylor’s Version. Daarom was die opwinding groot toe sy aangekondig het dat sy ‘n nuwe album in 2022 gaan vrystel: Midnights.

Die hele wȇreld se Swifties was op die punte van hulle stoele en het die internet gefynkam vir enige leidrade. Gelukkig was Taylor gretig om meer te deel. Sy het ‘n paar weke gelede ‘n video op sosiale media geplaas waar sy bekend gemaak het dat die dertiende liedjie van die album se naam Mastermind is. Daarna is meer en meer soortgelyke video’s vrygestel totdat al 13 liedjies se name bekend was.

Na al hierdie spanning en afwagting is Midnights uiteindelik op 21 Oktober vrygestel en haar aanhangers is nie terleurgesteld nie.

In hierdie album beweeg Taylor weg van haar unieke alternative folk van haar laaste twee albums: Folklore en Evermore. Sy eksperimenteer met elemente van electronic pop, synth-pop en indie pop en sy beklemtoon veral unieke ritmes.

As die eerste liedjie van die album gee Lavender Haze vir ons ‘n voorsmaak van die gevoel en toon van die album en veroorsaak vir seker dat jy nog wil hoor. In Anti-Hero raak Taylor aan meer persoonlike onderwerpe soos angs, paranoia en selfrefleksie. Nog ‘n liedjie wat uitgestaaan het, is Snow on the beach omdat dit waarskynlik die liedjie is waaroor die publiek die mees opgewonde was omdat Lana del Rey daarin is. Alhoewel daar ‘n redelik groep mense is wat gekla het dat Lana nie ‘n groot genoeg rol in hierdie liedjie speel nie, is dit steeds ‘n treffer.

Die res van die liedjies is net so goed en jy kan daarna gaan luister op Spotify of Apple Music.

Taylor Swift is duidelik passievol en talentvol en haar musiek inspireer mense regoor die wȇreld. Midnights sal vir seker by die lys van haar suksesse gevoeg word.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

twenty − twelve =