Emma du Toit
Beserings is ‘n algemene verskynsel in ons daaglikse lewens, of dit nou gering of ernstig is. Daar is egter baie wanopvattings oor beserings wat kan lei tot verwarring, frustrasie en selfs besering kan vererger. In hierdie artikel kyk ons na sewe algemene wanopvattings oor beserings en die waarheid daaragter.
- Om ’n bloedneus te help stop, moet jy jou kop agtertoe buig.Indien jy jou nek breek, sal jy definitief verlam wees.
As jy jou kop agtertoe buig, kan die hoeveelheid sigbare bloed wat uit jou neus kom, verminder. Die bloed kan egter agter in jou keel afhardloop in plaas van uit jou neus, en komplikasies kan ontstaan. Kristin Hayes, ‘n verpleegster sê dat deur regop te bly, jy bloeddruk in die are van jou neus kan verminder. Dit keer verdere bloeding.
- Indien jy jou nek breek, sal jy definitief verlam wees.
Gebreekte werwels is gewoonlik baie pynlik, maar kan effektief behandel word. Volgens chirurg Stefano Sinicropi is dit wanneer die senuwees beïnvloed word dat sake meer ingewikkeld raak. Verlamming sal slegs plaasvind wanneer die ruggraatsenuwees beskadig of afgesny word.
- Die enigste manier om vas te stel of ’n sportdeelnemer harsingskudding het, is as die person hul bewussyn verloor het.
Een algemene mite oor harsingskudding is dat dit slegs voorkom, of meer dikwels voorkom, na verlies van bewussyn. Die waarheid is dat harsingskudding plaasvind met of sonder verlies van bewussyn sê dokter Heidi Moawad. Eintlik gaan meer as 90% van harsingskudding nie gepaard met ’n verlies aan bewussyn nie.
- Om ’n warmwatersak op ’n verstuite, geswelde enkel te plaas direk na die besering plaasgevind het, kan die besering verbeter.
Na ’n akute besering moet ys vir die eerste 24 tot 72 uur gebruik word om bloedvloei te verminder, wat swelling sal verminder. Na hierdie tydperk kan hitte gebruik word om bloedvloei te verhoog en die natuurlike genesingsproses te help. In ’n blog deur Sport Medicine blyk dit dat die te vroeë toediening van hitte, bykomende swelling kan veroorsaak deur bloedvloei na die besering te verhoog wat dan die besering vererger.
- Dit is goed om ’n stuk rou vleis op ’n blouoog te sit.
Jy het dit in die flieks gesien, maar daar is geen bewyse dat rou vleis op ’n blouoog dit help om vinniger te genees nie.
Rou vleis het bakterieë daarop. Dit is die grootste aspek waarvoor jy bekommerd moet wees – om die oog met bakterieë te besmet.
Jabeen Begum, wat in mikrobiologie spesialseer, bevestig in ’n WebMD-artikel dat die toepassing van die druk van vleis op ’n oogbal wat beseer is, dit verder kan beskadig.
- Om botter op ’n brandwond te smeer, sal dit help genees.
Om botter op ’n brandwond te plaas, doen meer skade as goed. Die plasing van botter of soortgelyke vetterige salf direk op ’n brandwond is teenproduktief, aangesien dit hitte in die wond kan verseël.Terwyl botter tydelike verligting aan ’n brandwond kan verskaf, het dit geen bekende antiseptiese, antibiotiese of langtermyn pynstillende eienskappe nie.
- Wanneer iemand deur ’n slang gepik word, kan jy die gif met jou mond uitsuig.
Gif gaan uiters vinnig die bloedstroom binne en om dit te probeer uitsuig, is ondoeltreffend. Baie noodhulp- en slangbytstelle bevat ’n suigtoestel om gif uit ‘n slangbytwond te verwyder. Hierdie toestelle bied veel meer suigkrag as wat jou mond ooit kon. Debra Ronca sê verder dat wanneer iemand slanggif uit ’n oop wond in hulle mond probeer uitsuig, kan die gif hul bloedstroom binnedring, wat baie gevaarlik is.
Dit is noodsaaklik om die waarheid agter hierdie wanopvattings te ken om te verhoed dat die besering vererger of die genesingsproses vertraag. As jy ‘n besering het, soek mediese hulp en volg die advies van ‘n gesondheidswerker om seker te maak jy herstel volkome.