Barbie laat jou dink

[Anika Burger]

Op 21 Julie is Greta Gerwig se nuwe Barbie-fliek in filmteaters vrygestel met Margot Robbie as Barbie en Ryan Gosling as Ken. Hierdie fliek was ongelooflik suksesvol en het rekords gebreek met die hoeveelheid geld wat dit gemaak het.

Die hoofrede hoekom hierdie film so ongelooflik suksesvol is, is omdat die filmmakers gebruik gemaak het van nostalgie, aangesien die grootste deel van die teikengroep mense was wat met die poppe gespeel het toe hulle jonger was. Die filmmakers het dus kykers laat terug dink aan hulle goeie herinneringe as kinders.

Die Barbie-fliek se reuse-impak het al begin voordat die fliek in die teaters was. Die bemarking vir die fliek is oral op sosiale media versprei en selfs mense wat nie Barbie-aanhangers is nie, het daarvan geweet. Die bemarkingspan het beslis seker gemaak dat almal in die fliek se teikenmark daarvan sou hoor.

Hierdie fliek het ook ‘n reuse-impak gehad op die mense wat dit gekyk het. Omdat die film temas soos individualiteit, identiteit, feminisme, moederskap, selfbeeld en eksistensiële krisisse bespreek, het dit gelei tot baie mense wat dieper oor hierdie onderwerpe dink. Die fliek het verseker ‘n impak op baie mense se menings en sienings oor hierdie onderwerpe gehad en dit selfs  beïnvloed of verander.

Hierdie fliek se sukses en impak was verseker indrukwekkend en die effek daarvan sal beslis vir nog baie jare onthou word.

[Foto: Yana Mans]


Anika Burger

Anika geniet dit om tyd saam met vriende en familie te spandeer. By die skool is haar gunstelingvakke Engels, Duits en ontwerp. In haar vryetyd is sy waarskynlik besig om te lees, musiek te luister of flieks te kyk.