Blare in die wind

Joshua Eitner

Jonk en afhanklik

Klein en groen

Mamma se handjies, Mamma se takkies

Heilige beskermer in tye van geluk en kreun

Ouer en brawer

Groter en groener

Pappa se hande, Pappa se stamme

Lei die nuuskierige siel veilig na die nuwe wêreld

Die enjin roer, die wiele draai

Die winde loei, die blare waai

“Lief jou, Ma! Lief jou, Pa!”

Dis dankie-sê, styf-druk en tyd vir koebaai

Dae, weke, jare verloop

Eensaamheid kom, my blare verdroog

Ek mis my familie

Ek mis my boom

Al is die enjin swak en die winde stadig

Vind ek my tuin, steeds piek en fyn

My blaar, my hart, my huis

Die wind volg liefde as sy bestemmingskruis