Anli Rademeyer
Daar is geen foute in blomme nie.
Hulle sal groei soos hulle wil,
hoe hulle ook al wil.
Perfek soos hulle is.
Maar ‘n blomstam kan gebreek word
deur ‘n hartelose voet
wat nie omgee
om te kyk wat dit breek nie.
Mettertyd groei hulle weer.
Sterker seisoene later
om water te kry
eerder by liefdevolle hande.
So hoekom laat jy jouself toe
om op getrap te word?
Hoekom verander jy jou blomblare
en steek jou blare weg?
Daar is geen foute in jou nie, blom.
Jy is perfek soos jy is.