Emily Byleveld
Is dans ‘n kuns of ‘n sportsoort? Hierdie vraag is interessant, bloot omdat ons op verskillende maniere met dans in aanraking kom.
Sommige tieners is deel van ‘n dansinstansie en neem selfs deel aan nasionale danskompetisies. Ander neem dans as ‘n vak en leer oor die teoretiese aspek daarvan, naamlik hoe jy die bewegings uitbeeld en hoe jy dit tot jou beskikking kan gebruik om ‘n storie oor te dra.
Van die samba, ‘n tradisionele Brasiliaanse dans geskep in die 1940’s, tot die hopak, ‘n tradisionele Kiëfse dans en selfs die haka, dikwels gedans deur die Maori’s, is dans ‘n vorm van kulturele uitdrukking.
As ‘n selfstandige naamwoord, word kuns deur die Oxford Woordeboek, gedefinieer as: Die verskillende vertakkings van kreatiewe aktiwiteit, soos skilderkuns, musiek, letterkunde en dans. Hierdie definisie bewys dat dans deel vorm van visuele kunste. Maar is dit al wat hierdie ingewikkelde bewegings van emosie en passie is? ‘n Kunsvorm en bloot akademiese teorie?
Die Internasionale Olimpiese Komitee sal hierdie vraag kan beantwoord. Met alle sportsoorte is ‘n skeidsregter nodig om te verseker dat alle spanne en individue die sport reg speel. Dit beteken dat reëls en toerusting konstant gemonitor moet word. Met dans is dit ook belangrik. Reëls word gebruik om te verseker dat die danse op ‘n veilige manier uitgevoer word. Alhoewel dans nie skeidsregters het nie, is ‘n choreograaf belangrik.
Wat toerusting betref, kan ons definitief die gevolgtrekking maak dat ‘n ballerina sou sukkel om ‘n relevé op full pointe te doen sonder hul puntskoene te doen.
Tydens die 20ste eeu het talle lande, insluitend Duitsland, dans as ‘n amptelike sportsoort verklaar, soos bevestig in ‘n artikel deur die World Dance Sport Federation. In ‘n uitgawe van die tydskrif Media Milwaukee in 2021, het Faith Rae, ‘n bekende kunstenaar, selfs gesê dat dans die moeilikste sportsoort van alle sportsoorte is.
So, my mede-Dee-Effers, ek sluit af met hierdie ingeligte gevolgtrekking: Dans is beide ‘n kuns en ‘n sport wat gekoester en geniet moet word in ons alledaagse lewens.