[Bianca Richter]
Die stygende gevalle van dementia wat wêreldwyd voorkom, veroorsaak dat families bekommerd voel oor hoe daar na diegene met dementia omgesien sal word, aangesien dit baie geld en tyd vereis.
As ‘n plaasvervanger vir die plasing van demensielyers in geheuesorgfasiliteite, het Switserland ‘n briljante uitweg vir verbeterde sorg en behandeling van bejaardes met demensie geskep met die opening van die wêreld se eerste dementiadorp in 2009. Die dorp, The Hogeweyk, skep inklusiwiteit vir alle bejaardes en dit stel demensielyers in staat om behandeling te kry terwyl hulle terselfdertyd ‘n aktiewe lewenstyl en sosiale lewe behou. Die kostes vir die bou van die dorp is grootliks betaal deur plaaslike organisasies en die Nederlandse regeringsfondse. Daar is gesondheidswerkers wat rondom die inwoners bly om hulle by te staan. Die inwoners het toegang tot alledaagse plekke soos teaters, restaurante, haarkappers en winkels wat dit makliker maak vir hulle om ‘n normale lewenstyl te handhaaf.
Tradisionele geheuesorgfasiliteite het dikwels ‘n gebrek aan huislikheid omdat die omgewing buite pasiënte se kamers, ‘n gang is en die area baie beperk is sonder vryheid. Hierdie dorpe fokus daarop om die kwaliteit van die lewens van inwoners te verbeter en daarom gee hulle die inwoners die vryheid van keuse oor wat hulle wil doen en om te doen waaraan hulle gewoond is in die dorp. Die beginsel van die dorp is om die idee teen te staan dat demensielyers nie ‘n normale lewe kan lei as gevolg van hulle kondisie nie.
Daar word wêreldwyd demensiedorpe gestig soos in New Jersey, Denemarke en Italië. Die idee van ‘n veilige hawe vir die mense naby aan ons harte is gerusstellend, want dit verseker dat hulle baie sorg en aandag sal ontvang.
Bianca Richter
Enige iets wat kuns en kultuur insluit, is iets wat Bianca se belangstelling sal prikkel. Sy is bekend vir haar vreemde koskombinasies soos roomys met tamatiesous. Haar gunstelingvak is biologie en sy sien altyd uit na kooroefeninge.