DF-meisiesrugby by WP-oefeninge

Lise Keyser

Meisiesrugby het laas jaar in Maart hul eerste oefening gehad; nou is ‘n paar meisies deel van die WP-proewe en neem deel aan die WP-oefeninge.

Die DF-meisies, saam met ander skole en klubs se meisies, het die afgelope paar Saterdae deelgeneem aan WP-oefeninge. Ek het vir twee van die meisies in verskillende ouderdomsgroepe twee vrae gevra: In vergelyking met DF-oefeninge, hoe is die WP-oefeninge en Inspireer die oefening jou om verder te gaan met WP-rugby?

Mia Ferreira, o.15, sê dat DF se rugby ‘n stelsel het en dat dit eintlik oefeninge is wat jou leer hoe om rugby te speel, waar WP meer onvoorspelbaar is met hulle tye en reëlings en daar word meer klem gelê om goed in te oefen wat jy reeds geleer het. Sy sê ook dat WP-oefeninge haar definitief motiveer, want sy voel dit maak al die meisies deel van een groot familie en sluit almal in, maak nie saak waar jou vaardigheidsvlak lê nie.

Juan-Mari du Plessis, o.18, voel dat WP se oefeninge strenger is met meer fiksheid, waar DF se oefeninge meer pret is en meer op ‘n beginnersvlak is. Op die tweede vraag sê sy dat die WP-oefening haar inspireer om altyd haar beste te doen en te presteer.

Beide die rugbymeisies het hulle eie opinie oor die oefeninge, maar ons almal kan saamstem oor een ding: One team, one family.