DF pronk met hokkiemeisies

[Lea Schoeman]

DF se hokkiemeisies het baie passie vir hulle sport en is altyd reg om voluit te speel. Hulle speel asof hulle wil wen en gee altyd 100%.

Wie is die DF-hokkiemeisies?                           

Hulle is vriende wat later jou familie word. Daar word talle lesse vir hulle  geleer oor hoe belangrik dit is om saam te werk as ‘n span. DF-hokkiemeisies is passievol oor die sport waarvoor hulle lief is, want dit is wat hulle laat dryf in die oseaan van die lewe. Hulle is mense wat omgee en altyd daar is vir jou; mense waarop jy kan staatmaak.

Maar wat dink leerders van DF-meisiehokkie?

Gustav Lombard (premierhokkieseuns): “As ek die woord DF-meisiehokkie hoor, dink ek dadelik aan die hart wat hulle op die hokkieveld wys. Hulle los alles op die veld en veg totdat die laaste fluitjie geblaas word. Hulle bloed is definitief blou.”

Joshua Kapp (eerste rugbyspan): “Wel, dis mense wat deurdruk en goeie spangees het onder mekaar.”

Emma Steffen (o. 16A-hokkie): “DF se hokkiemeisies vorm almal deel van een groot familie. Elkeen van ons hokkiespanne skep ‘n omgewing waar meisies net hulself kan wees en hul skool met trots op die astro kan verteenwoordig.”

Catharien Eagar (premiermeisiekaptein): “Ek dink dadelik aan passie, want elke DF-hokkiemeisie is passievol. Passie is wat elkeen van ons dryf om ons beste te gee en doen, nie net vir onsself nie, maar veral vir ons span. DF se hokkiemeisies sal nooit opgee nie. Ons sal aanhou tot die einde en ons alles gee om ons doel te bereik en ons span trots te maak.”

Dirk Hagen (0. 18A): “DF-meisieshokkie – sinoniem met passie en prestasie.  Ons is die blou reus in die noordelike voorstede met geesdriftige dames wat die beste in die weste is. Hulle het ‘n besonderse plek in die geskiedenisboeke van ons bloubloedskool en is ‘n groep waarmee almal kan pronk. DF-meisieshokkie se toekoms is verseker skitterblink!”

Die premierhokkiemeisies wat DF verteenwoordig, het in 2023 een van hulle beste jare gehad. Hulle is derde in die WP-premierliga. Hulle is tans 23ste in die land. Dit is ‘n besonderse prestasie waarop hulle baie trots kan wees. Ons DF-meisieshokkie werk hard en word beloon daarvoor deurdat hulle so goed presteer. Hokkie is ‘n veeleisende sport. Dis verg lang ure  se oefen, vroegoggend fiksheidsessies en as jy nog wil verbeter, hokkie in jou agterplaas.

Die hokkiemeisies is trots op DF Malan se hokkie en hulle harte klop blou. Noudat die hokkieseisoen verby is, werk elkeen van hulle individueel aan hulle hokkie om volgende jaar ‘n beter jaar te hê.

Soos Coach Corné sal sê: “ Wees beter”. Kom speel hokkie en maak nuwe vriende. As hokkie nie jou passie is nie, kom ondersteun ons meisies uit die liefde van jou hart. Bring jou gees saam en ons sien jou volgende jaar!

[Foto: Sune du Toit]


Lea Schoeman

Lea is mal oor sport – ook om daaroor te skryf en te praat. Sy hou van debatteer en sal enige tyd luister na redenasies en menings oor sport.