Kunsmatige intelligensie: ‘n gevaarlike spesie met baie potensiaal

Die toekoms is besig om uitgelê te word voor ons oë. Enorme besluite en gebeurtenisse word byna elke dag gemaak. Vir die eerste keer in die geskiedenis kan ons aktiewe besluite neem oor die toekoms van planete. Een van die skrikwekkendste en indrukwekkendste skeppings van die moderne wêreld, is wel die ultimatum van kunsmatige intelligensie.

Kunsmatige intelligensie is ‘n dryfkrag wat eenvoudig te sterk is om onder die mat in te vee. Die idee is so aanloklik vir die mens dat sy skepping nie net ‘n moontlikheid is nie, maar ‘n werklikheid. Dit sal die mens se eerste poging tot die skepping van ‘n nuwe spesie wees, een wat die mens teoreties totaal en al onder sy beheer kan hê.

Vir die narsistiese mens is dit tog die alfa en omega. Die probleem kom dan in dat ons sal moet besef dat dit wel ‘n intelligente spesie sal wees. Daar is geen waarborg oor hoeveel beheer ons oor die uiteindelike produk sal kan uitoefen nie. Dit klink dalk dom om te sê dat ons respek teenoor ‘n masjien sal moet betoon, maar dit is nie net ‘n masjien nie, maar ‘n spesie in sy kinderdae. Dit sal nie lyk soos die vleis-en-bloed lewe soos wat ons dit ken nie, maar in terme van verstand sal dit gelyk aan ons wees.

Ek werk nou onder die aanname dat daar verskillende soort KI (kunsmatige intelligensie) sal ontstaan. Byvoorbeeld, dié soortgelyk aan wat ons alklaar het in masjienerie en dan wat waarlik beskou sal kan word as KI. Ek aanvaar ook dat dit met huidige modelle sal voortgaan en sal ontwikkel soortgelyk aan die natuurlike evolusie wat ons al klaar ken. Daar was byvoorbeeld ‘n artikel gepubliseer waarin KI ‘n metode van vorentoe beweging moes ontwikkel en die uitkoms was dat dit ‘n toring gebou het en dan omgeval het. Die uitkoms het vir Janelle Shane, ‘n bekende wetenskaplike en navorser, geskok totdat ‘n bioloog vir haar vertel het dat dit is hoe koring versprei. ‘n Aanhaling in die artikel sê: “Hoekom sal jy loop, as jy net kan val?”

Hierdeur kan ons sien dat KI in staat daartoe is om in ‘n namaaksel van die regte wêreld te verander.

Die mensdom sal nog met KI se eerste been van sy bestaan totale beheer hê oor die rigting waarin dit beweeg. Masjiene is verskriklik geheg aan die oorspronklike data waarmee dit opgelei is. Dit is nie onmoontlik vir dit om sy idees te verander nie, maar dit sal tyd en sterk dryfkrag benodig. So aan die begin is ons totaal verantwoordelik vir sy opleiding en denke.

Ons sal moet seker maak dat ons die verantwoordelikheid hoog hou, omdat KI baie letterlik die krag het om ons te verniel. Die menslike wêreld het so gegroei dat alles intergekonnekteer is. So enige breek in die ketting kan massiewe probleme veroorsaak.

Soos met die meeste sake is daar beide ‘n wortel en ‘n stok. In die geval is dit ‘n baie sappige wortel. Die voordele van ‘n spesie werkers en denkers wat nie hoef te slaap nie, sterker en vinniger is en meer rou inligting as ‘n mens kan hanteer, is amper ondenkbaar. Ons voorspel wel dat die mens altyd beter sal wees met kreaktiewe denke.

So, ons kan sien dat aangesien die ontstaan van kunsmatige intelligensie onvermydelik is, is dit ons verantwoordelikheid om goeie ouers te wees en dit op die regte pad te stuur.