Die nuwe Percy Jackson TV-reeks: beter as die flieks

[Eleanor Herbst]

Reeks: Percy Jackson and the Olympians

Regisseurs: Rick Riordan en Jonathan E. Steinberg

Akteurs: Walker Scobell, Leah Jeffries, Aryan Simhadri

In Desember 2023 is die nuwe Percy Jackson op Disney Plus vrygestel.

Dit is nie die eerste keer dat die boeke verwerk is vir die skerms nie. Meer as ’n dekade gelede, in 2010 en 2013, is daar twee flieks oor die eerste twee boeke gemaak en die filmmakers het beplan om ’n derde fliek te maak. Ongelukkig was die Percy Jackson looflegioen verskriklik ontevrede en die derde fliek is gevolglik gekanselleer. Disney het besluit om uit die flieks se foute te leer en het die outeur van die boeke aangestel as regisseur om te verseker dat die reeks suksesvol sou wees. 

Percy Jackson is net ’n normale 12-jarige seun wat skoolgaan in die stad, New York. Ten minste is dit wat hy dínk, voordat ’n monster uit die Griekse mitologie hom probeer aanval. 

Dit is voordat hy uitvind sy pa is een van die Griekse gode.

Hy vind ook uit dat hy nie eens veronderstel was om gebore te wees nie. Dit is waarom Zeus, die koning van al die ander gode, glo dat Percy sy weerligstraal (Zeus se sterkste wapen) gesteel het. Nou moet hy en sy vriende die wapen opspoor en bewys dat Percy onskuldig is voor die somer-sonstilstand en voordat Zeus besluit om om die wêreld te vernietig.

Die TV-reeks is aansienlik beter ontvang met ’n IMDB-gradering van 7.1 teenoor die eerste fliek se gradering van 5.9. Dit is definitief ’n verbetering in terme van rekenaar-gegenereerde beelde, kostuums, akkurate vertolking van karakters en vele ander aspekte. Dit dra die storie oor op ’n manier wat vet pret is om te kyk. Jy hoef niks te weet oor Griekse mitologie om die storie te kan volg en geniet nie. Die storielyn is fantasties en jy kan maklik identifiseer met die karakters. Oor die algemeen is die kyker se ervaring genotvol, maar al is dit 100 keer beter as die flieks, is daar nog steeds ruimte vir verbetering. 

In die boeke (en dus in die reeks) is Percy twaalf jaar oud. Die regisseurs van die flieks het besluit om Percy ouer te maak, van sowat sestien tot agtien, waarskynlik om met meer ervare akteurs te kan saamwerk. In die reeks word Percy deur Walker Scobell, ’n vyftienjarige, vertolk om meer akkuraat volgens die boek te wees. Ten spyte van hulle uitstekende vertolking, voel die hele reeks minder professioneel omdat hy en sy mede-akteurs so jonk is. Dit help ook nie dat die dialoog wat vir die TV-reeks bygevoeg is ongemaklik, gespanne en geforseerd voel nie. Die boeke was baie meer humoristies. Hier volg ‘n paar voorbeeld:

“How did you die?”

“We, er… drowned in a bathtub.”

“All three of you?”

“It was a big bathtub”

en 

“I’d love to tell you I had some deep revelation on my way down, that I came to terms with my own mortality, laughed in the face of death, et cetera.The truth? My only thought was: Aaaaggghhhhh!” 

Die manier waarop die storielyn loop, is ook vreemd. Al die belangrike gevegte met monsters is op een of ander manier verkort. Die minder aksievolle dele word te veel uitgerek. In die boeke is Percy en sy vriende baie verward. Hy weet die helfte van die tyd glad nie wat aangaan nie. Hy en die leser ontdek op ’n manier saam soos die gebeure ontvou en leer die Griekse mitologie ken. Die leser kan regtig hulself met Percy vereenselwig, aangesien die storie uit sy oogpunt vertel word. In die TV-reeks weet Percy net dadelik van alles wat rondom hom aangaan. Hy weet presies wie die monsters is en hoe gevaarlik hulle is.

Hy kan eenvoudig net die minder omgee nie.

Dit laat hom net roekeloos en, eerlikwaar, ‘n bietjie domastrant lyk.

Oor die algemeen is dit ’n goeie reeks en al die roertroepe van die boeke, fantasie en mitologie wat ouer is as nege sal die reeks en die boeke geniet.

Hier is ’n laaste aanhaling van Percy om mee af te sluit: 

Braccas meas vescimini! I wasn’t sure where the Latin came from. I think it meant ‘Eat my pants!’”

Geniet die reeks!  

Nuutskeppings:

  • roertroep: ’n fan van iets of iemand
  • looflegioen: fandom,  groot groep roertroepe

Eleanor Herbst

Ellie is die een wat sportdae met ‘n hoop boeke op die pawiljoen deurbring. Haar kop is in die wolke, maar haar voete is stewig op die grond geplant. Sy hoop om eendag ‘n kinderboekskrywer of joernalis te word.