Doktor Mario Denton: ‘n Boodskap aan die jeug

[Elske Oosthuizen]

As ‘n graad 10-leerder het ek my werkskadutaak ontvang. Ek moes iemand vind, wat nie net vir my ‘n beter agtergrond oor ‘n tipe werk sou kon gee nie, maar by wie ek ook iets anders kon leer wanneer ek daar weggestap het. Ek kan definitief sê dat doktor Mario Denton daardie persoon was.

Denton is ‘n internasionale bekende bedryfsielkundige. Hy is die hoof uitvoerende beampte van Strong Message en True Africa Leadership. Nadat ek ‘n tydjie by Denton gewerkskadu het, het ek geweet dat hy die perfekte persoon is om voor te vra: Wat is jou boodskap aan die jeug?

Hy het my vraag op twee maniere beantwoord. Eerstens hoe hy wil sien dat die jeug van vandag sake anders hanteer en tweedens wil hy sy raad met die jeug deel.

Wat moet die jeug anders doen?

Respekteer jou ouers en eer jou moeder en vader. Sien raak wat hulle vir jou doen. Leer om te onderskei tussen reg en verkeerd.

Wat is sy raad aan die jeug?

Daar is hoop en daar is baie geleenthede in die wêreld. Moenie bang wees nie. Sien die wêreld as ‘n geleentheid.

Kry vroeg in jou lewe ‘n mentor. ‘n Mentor is ‘n persoon met ervaring in die lewe en hulle is ‘n betroubare adviseur. Kry vir jou iemand wat by jou sal staan wanneer tye sleg is en iemand wat vir jou eerlike advies kan gee op tye wanneer jy dit wil hoor en op tye wanneer jy dit nie wil hoor nie.

Moenie jouself met ander vergelyk nie. Jy is uniek en spesiaal. Moet nooit dat iemand vir jou anders laat glo nie.

Wees ‘n betroubare persoon. Wees iemand wat jou medemens kan vertrou. Wees ‘n ondersteuner en ‘n held tydens nood.

Dr. Mario is nie net ‘n bedryfsielkundige nie, maar ook ‘n vriend van almal. As jy ooit ‘n vriend nodig het, skakel dr. Mario Denton by 082 882 9903.


Elske Oosthuizen

Wanneer Elske nie besig is om te oefen nie, is sy besig om na ‘n goeie fliek te kyk of ‘n goeie boek te lees. Sy is mal oor die natuur en gek oor warmsjokolade.