[Nienke de Vaal, Jana Burger]
70 jaar van uitnemendheid en groot gees, en ons bloed pomp al hoe blouer. DF is miskien nie die vinnigste op die atletiekbaan nie, maar ons weet hoe gees lyk.
Met Meneer de Wet wat vir ‘n laaste keer by die MTBS betrokke was, is dit net van pas dat DF koning gekraai het met die pawiljoenvertoning. ‘n Gepaste einde tot sy tyd by DF en vir die matrieks van 2024 wat vir die laaste keer aan MTBS kon deelneem. Die dirigente van 2024 – Leah Steyn, Ethan van Jaarsveld, Siegfried Visser, Chris Conradie, Ané Theron, Trish Visser, Leohen van der Merwe en Lucia Dixon – het beslis hulself goed van hul taak gekwyt om ‘n kreet te skep wat werklik geen limiete ken nie. Dee-Effers sal beslis die gees en spanwerk wat tydens MTBS ervaar is, deurdra tot by die interskole van 2024.
Die graad 8’s het gelukkig hul ontgroening net-net oorleef. Die Olimpiese Spele was toe nie so dodelik soos wat baie graad sewetjies dalk gevrees het nie. Hulle het al amper vir ’n volle kwartaal DF se blou bloed, alhoewel die gangverkeer anders getuig (hoes-hoes).
Die Belge was gedurende ’n kort tydjie gebombadeer met DF se oneindigende gees sowel as die besige Kaapstad se wêreld. Die onvoorspelbare weer was die kersie op die koek om die ervaring beslis onvergeetlik te maak. Ons wens hulle sterkte toe vir die lang vlug terug na Europa. Hopelik sal hulle ten spyte van die talle onverwagte insidente steeds net goeie goed van Suid-Afrika aan hul maters in België oordra.
Somerbal. Aan die ander kant van die toetsreeks, wat al hoe nader kruip, wag die aand van die 18de. Die hartjie belaaide Valentynsdag was die perfekte datum om jou liefie vir die tydjie onder die Stary Night uit te vra. Die tema gee baie speelkans vir interpretasies. Daag op in jou skitterende pikswart aandrok of soek na iets wat die skilderlegende, Van Gogh, se naam roep. Dalk kan Star Wars dien as die perfekte bron van inspirasie.
Hierdie kwartaal se uitgawe sirkuleer grotendeels rondom die individu en hoe jy die beste weergawe van jouself kan word in die nuwe jaar. Met ‘n goeie balans tussen skoolverwante sake en eindelose vermaak, sal hierdie uitgawe se artikels as stresverligter of ‘n brokkie wysheid dien tydens jou toetsreeks se leersessies.
Nienke de Vaal
& Jana Burger
Jana is ‘n boekwurm wat op ‘n missie is om soveel as moontlik nuwe tale aan te leer. Sy geniet dit om films te kyk en analiseer terwyl sy hekel. Sy raak vinnig opgewonde wanneer jy met haar praat oor ‘n boek wat sy al gelees het of ‘n musikant waarna sy luister.
&
Nienke is ‘n massiewe aanhanger van die alledaagse estestiese. Sy geniet boeklees en goeie films. Kuns en geskiedenis is haar gunstelingvakke en sy sal graag in diep gesprek gaan oor enigiets te doen met die Middeleeue of vintageklere.