Help, ek het niks om aan te trek nie! (8 redes waarom jy so voel)

[Emma du Toit]

Ek is seker jy het al baie keer vantevore gesê:: “Ek het niks om aan te trek nie!” Ten spyte daarvan dat ons talle opsies tot ons beskikking het, worstel ons dikwels met hierdie klerekas-raaisel. In hierdie artikel gaan ek agt redes bepreek hoekom jy kan voel dat jy niks het om te dra nie en vir jou  wenke gee om hierdie probleme op te los.

  1. Jy koop te veel  
    As jy voel dat jy van niks in jou klerekas hou nie, is die oplossing nie om op ‘n klere-inkopietog te gaan nie. Die oplossing lê in dit wat alreeds daar is. As jy leer om jou klerekas optimaal te gebruik, kan dit ‘n kragtige instrument wees om te ontdek waarvan jy hou en waarvan nie.
  • Jou kledingstukke is nie uiteenlopend nie
    As jy dink jy het niks om te dra nie, kan dit wees omdat jou klerekas nie diversiteit het nie. Dit beteken dat jy te veel van dieselfde tipe kledingstukke het. In hierdie geval moet jy jou items diversifiseer sodat jy ‘n verskeidenheid uitrustings vir verskillende geleenthede het. Dit kan beteken dat jy verskillende style, materiale of kleure moet byvoeg.
  • Jou kledingstukke is nie samehangend nie
    Alhoewel jy baie individuele kledingstukke besit, werk dit nie saam nie. So, wanneer jy probeer om ‘n uitrusting saam te stel, skiet jy tekort. Die pers leerrok het byvoorbeeld ongelooflik gelyk toe jy dit gekoop het, maar jy het niks wat daarmee saamgaan nie. 
  • Jou klerekas is ‘n varkhok
    Wanneer jou kas deurmekaar is, kan jy nie sien wat jy eintlik het nie. Elke keer wanneer jy jou kas oopmaak, voel dit oorweldigend eerder as inspirerend. Die byhou van ‘n goed georganiseerde klerekas, met items gesorteer en maklik sigbaar, kan jou help om verborge juwele te herontdek en die gevoel van skaarsheid uit te skakel. 
  • Jy besit nie staatmakers nie
    Mode verander vinnig. Alhoewel jy vry is om die styl te dra wat jy verkies, kan jy vlietende modeneigings oorkom deur ‘n paar basiese staatmakeritems in jou klerekas te hou. Staatmakers wat jy moet oorweeg, sluit ‘n swart rok in, ‘n baadjie en swart en wit hemde. 
  • Jy weet nie wat jy wil hê jou klerekas moet sê nie
    Ek dink dat ons klerekaste ons diverse belangstellings moet reflekteer. Die sleutel hier is om te weet wie jy is en waarvan jy hou. Om te weet wat jy wil sê en hoe jy wil voel in jou persoonlike styl vat tyd, eksperimentering en verkenning.
  • Jy vergelyk jou klerekas met ander mense s’n
    Sosiale media bombardeer ons met beelde van onberispelik-geklede individue. Ons bevraagteken ons keuses en voel dat ons uitrustings nie voldoen aan die geoefende estetika wat ons aanlyn sien nie. Alhoewel jy inspirasie uit hierdie voorkomste kan put, moet hulle nie dikteer wat jy koop nie. 
  • Jy koop te veel van dieselfde item
    Om te veel van dieselfde kledingstuk te hê, kan later vervelig en herhalend raak. Later kan jy miskien voel dat jy smag na iets meer opwindends en anders. Jy gaan nie hierdie probleem oplos deur ʼn vloeiende botterroom kleur bloes te koop nie. ‘n Goeie idee is om veranderings te maak aan jou bykomstighede soos juweliersware, sakke en skoene.

Die gevoel dat ons niks het om aan te trek nie, is ‘n algemene maar verwarrende verskynsel wat ons gefrustreerd en ontevrede kan laat voel. Hopelik help hierdie artikel ons losbreek van die eindelose klerekas paradoks en begin ons ‘n gevoel van vervulling in ons keuses kweek.


Emma du Toit

Erica se gunstelingvakke is gewoonlik die vakke waarin sy sleg vaar of sy kan net nie die taal praat nie. Twee interessante feite oor Erica is dat sy Taiwanees is en dat haar hondjie, Teddy, die oulikste is.