[Danny Booysen]
Rooi – sy gee ‘n warm piksoen op my voorkop;
Sy, die moeder van die natuur
wat geboorte aan alles om my gegee het;
Sy laat my skaam voel om te dink ek is groot
in hierdie wêreld van
Blou – die hemelruim so wyd
wat oor my kop
tot op die rand van die horison strek,
en in Sy spieëlbeeld sien Hy die refleksie van
Groen – die halmpies waai en dans in die wind:
altyd vrolik en spontaan,
hulle is die dirigente van die
Wit – vladderlinge soos skoenlappers
wat dans op die ritme van die wind;
kinderlike opwinding hou hulle jonk;
hulle is die elegante dansers
wat al die kleure om hulle laat sing.
Son en struik,
Grond en gras,
Veld en vladderling.
Ons is maar klein.
Kyk en luister maar:
al die kleure sing saam aan die
Hemel-en-aarde-simfonie
Danny Booysen