Herout gesels met Artius se dirigente

[Isabel Roux]

Artius het vir ‘n derde jaar in ‘n ry die geesbeker gewen. Vandag gesels ek met hulle dirigente, Sebastian Gelderblom, Andreas Stockenström, Jana Wium, Saskia Schräder, Janke van Niekerk en Elske Oosthuizen en hulle tromspelers, Emma Keating en Talja Chamberlain om meer oor hul ervaring in die Artius-span uit te vind.

Watter dirigente van vorige jare inspireer jou?

Janke:Michayla Kotzé, sy is my grootste inspirasie.

Elske: Leah Steyn.

Wat in jou lewe het jou voorberei om ‘n dirigent te wees?

Saskia: Ek doen al vir baie jare dans en my persoonlikheid help my ook baie.

Sebastian: Dit was altyd ‘n groot droom van my om ‘n dirigent te wees, so dis baie lekker om nou uiteindelik die geleentheid te hê om voor die gehoor te kan staan en gees te vang.

Jana: Ons het tydens Covid in DF ingekom so ons het nooit regtig daardie ervaring van geesvang en MTBS gehad tot en met graad 10 nie, so toe ons “Into the Blue” begin leer het, het ek dadelik geweet dat ek ‘n dirigent wil word.

Wat is jou gunstelingdeel van dirigent-wees?

Saskia: Om te sien hoe die kinders saam met ons geesvang en hoe gelukkig hulle raak.

Sebastian: Dis net baie lekker om te sien hoe mense saam ‘n eenheid vorm. Die gevoel van voor al die kinders staan en dat hulle jou bewegings volg en dat hulle saam met jou sing, is baie lekker.

Is dit moeilik om skool, al jou aktiwiteite en om ‘n interhuisdirigent te wees, te balanseer?

Jana: Dit hang regtig af, want as jy regtig passievol daaroor is om ‘n dirigent te word, sal dit glad nie ‘n probleem wees nie. Jy sal ‘n manier vind om dit te balanseer as jy daarvoor lief is.

Wat is ‘n belangrike eienskap van ‘n goeie dirigent?

Elske: Uithouvermoë.

Saskia: Passie.

Janke: Baie geduld.

Wat het julle geïnspireer om die tema “Artius Invasion” te kies?

Sebastian: Ons het ‘n paar hooftemas gehad en gehoop dat juffrou Van der Schyff van een sal hou, maar toe kies sy een van ons sub-temas wat ons as back-ups gehad het omdat sy meer daarvan gehou het.

Wie het jou so goed leer tromme speel?

Emma: Eben Olivier, ek kyk baie op na hom en hy was my mentor deur die hele proses van al die medleys leer.

Ons sien almal baie uit om te sien watter interhuisdirigente as MTBS-dirigente gekies sal word! 

Isabel Roux

Isabel is die steoreotipiese tienermeisie. Sy spandeer graag tyd in haar kamer om te luister na Phoebe Bridgers en Taylor Swift en om boeke te lees. Sy streef ook daarna om eendag ‘n crazy cat lady te wees.