Interhuis: DF se gees en atletiek

[Jurgen Steyn]
Interhuis is definitief een van DF se top-5 jaarlikse gebeure. Elke huis streef na wat DF die meeste liefhet: gees en atletiek.

Leerders neem deel aan verskillende items soos gewigstoot, kort- en langafstande hardloop, hekkies, verspring en hoogspring. Tydens hierdie items bemoedig en ondersteun die dirigente en dromspelers van elke huis hul atlete op die veld, saam met die res van die skare op die pawiljoen.

Al drie huise veg elke jaar vir die geleentheid om die wenners van die geesbeker of die atletiekbeker te wees (óf altwee as hulle nou regtig wil spog), maar wat is die verskillende huise? Hulle is Solaris, Proteus en Artius. Die hele skool, behalwe ons matrieks, word ingedeel in hierdie drie huise volgens die eerste letter van hul vanne. A-G is Solaris, H-P is in Proteus en Q-Z is in Artius. Die huise moet darem ook ‘n verbintenis met die skool hê: Artius is gebaseer op die skild in ons skoolwapen en is dus wit, Solaris is die geel son en Proteus is die rooi proteas.
Elke jaar swoeg die aangewese dirigente om met ‘n unieke tema en bypassende kreet, volgens die huis se kleur, vorendag te kom. Hoe het die huise gelyk dié jaar? Wie was die dirigente en dromspelers? Proteus se dirigente was Dewan Coetzee, Tian Colyn, Mienke Lombard, Micke de Jager, Bella Theron en Genelle Holt. Die dromspelers was Jurgen Steyn en Talja Chaimberlain. Solaris se dirigente was Luamé Lombard, Mieke Verster, Matt Oostehuizen, Juan Visagie, Gaby Mulder en Gemma Daniels met Lea de Ridder, Finnian Smit en Benjamin Koorts as hul dromspelers. Laastens was Artius se dirigente Mika Gelderblom, Caresa Smit, Nico du Raan, Lené Joubert, Divan de Jongh en Micaél Laubscher. Die dromspelers was Emma Keating, Pierre Oostehuizen, Azelle Kotze en Neil van Wyk.
Proteus se atletiekdeelname deur die dag was iets besonders en hulle het met die atletiekbeker weggestap. Na ‘n lang, spanningvolle stilte is die geesbeker-wenners daarna aangekondig: Solaris.
Om ‘n dirigent te word, moet jy deur ‘n oudisieproses gaan, waar jy al die medleys aanleer en voor die huidige MTBS-span opvoer. Net ‘n paar mense word gekies vir Interhuis, wat dan ook as die oudisie dien om ‘n MTBS-dirigent vir die volgende jaar te word. Om ‘n dromspeler te word, moet jy ‘n oudisie aflê voor die MTBS-hoofdromspelers sowel as meneer Paige en slegs DF-drumline-lede kan vir hierdie posisie in aanmerking kom.

Na afloop van die 2025-oudisieproses, is die volgende leerders – na baie harde werk – aangewys as MTBS-dirigente: Dewan Coetzee, Bella Theron, Caresa Smit, Luamé Lombard, Micaél Laubscher, Mika Gelderblom, Nico du Raan en Tian Colyn. Die MTBS-dromspelers is Finnian Smit, Pierre Oosthuizen, Talja Chaimberlain, Benjamin Koorts, Jurgen Steyn, Lea de Ridder en die hoofdromspeler is Emma Keating.

Ons wens hierdie groep alle sterkte toe met die groot uitdaging wat voor hulle lê en weet dat hulle DF se naam hoog sal hou.

Jurgen Steyn


Jurgen is ‘n passievolle kok en permanent geboei deur sy gunstelingaksieboeke. As hy nie binnenshuis besig is nie, speel hy gholf of hy ry padfiets. Jurgen se gunstelingskoolvakke is Engels en wiskunde.