Interhuis – ‘n geveg tot die einde

[Carene Wiggins]

Drie spanne, twee bekers, een dag van atletiek en gees. Wie sal die wenner wees?

Solaris, Proteus en Artius baklei jaar na jaar vir die gees- en atletiekbeker. Daar is verskillende krete, dirigente en deelnemers elke jaar, maar tog laat ons dit werk. 

Al drie spanne het drie uiteenlopende temas, maar die krete bly fantasties. Solaris explore die woud, Proteus was op ’n mission en Artius wentel rond in outerspace

Hekkies, hoogspring, verspring, diskus, gewigstoot, spiesgooi, kortafstand en langafstand. Net geel, rooi en wit hempies wat heeldag hardloop, gooi, spring en stoot. Om die baan, bo-oor die hoogspringlat of oor die wenstreep.

Gees is die belangrikste ondersteuning  wat atlete kan ontvang. Studies bewys dat atlete 19,97% meer suksesvol is as mense hulle aanmoedig. 

Vir die graad 11’s is dit die eerste van klomp laastes. Hulle laaste interhuis voor die matrieks uitstap. As die kat weg is, is die muis baas.

Heeldag deur die atletiekitems, is daar drie entoesiastiese spanne op die pawiljoen wat skree, gil en tekere gaan. Elke keer as ’n spanlid verby hardloop of ’n rekord breek, is hulle daar om te ondersteun.

Hoogtepunte van die interhuis is altyd die begin en einde. Om die dag af te skop, is dit die optog. Elke huis ry in met interessante karre, vlae en kostuums. Aan die einde sien almal of die bloed, sweet en trane die moeite werd was.

Interhuis 2024 – Artius stap weg met die geesbeker en Solaris met die atletiekbeker. Ongelukkig stap Proteus leë hande weg. Interhuis 2024 was vreeslik warm, maar verseker ’n enorme fees.

Carene Wiggins

Carene hou van sport, met honde speel en die see is haar gunstelingplek om te wees.