KI verander die musiekbedryf

[Isabel Roux]

Die bekendstelling van kunsmatige intelligensie soos ChatGPT het sonder twyfel die musiekbedryf – asook die hele wêreld – verander. 

Die musiekbedryf is vol jong musikante wat hard werk om bekend te raak vir hul musiek. Met die opkoms van kunsmatige intelligensie is daar programme vrygestel waar mense met die druk van ‘n knoppie ‘n liedjie kan maak. Die programme is meestal verniet, so die mense wat dit gebruik, maak dan op die ou einde ‘n wins. Aanlyn platforms het dus al hulle musiek begin kontroleer voordat dit op die platforms gelaai word.

Kunsmatige intelligensie het ook die musiekbedryf op goeie maniere verander. Aanlyn platforms kan nou kunsmatige intelligensie gebruik om mense se gedrag te identifiseer en analiseer en hulle kan nou vir jou musiek voorstel wat baie soos jou musieksmaak is. Dit help onbekende musikante omdat jy nou aan musiek wat jy nie andersins sou van weet nie, voorgestel word. Dus word dié kunstenaars se musiek meer bekend. Kunstenaars gebruik dan ook die inligting om gebruikersgedrag, markneiging en die demografie van luisteraars te analiseer en te voorspel.

Mense het baie kreatief begin word met kunsmatige intelligensie. Daar is ‘n algemene modeneiging op Tiktok waar mense bekende musikante se stemme gebruik om ander liedjies te sing. Dit kon nie gebeur sonder kunsmatige intelligensie nie. Wat mense doen is die volgende: Hulle sit ten minste 10 minute van die persoon se stem in ‘n program en dan vra hulle vir die program om die stem die liedjie te laat sing. Dit het al gebeur dat mense liedjies opmaak en dan dink aanhangers dat die musikant in werklikheid die liedjie sing.

Kunsmatige intelligensie het duidelik ‘n groot impak op die musiekbedryf. So, wat dink jy, is dit ‘n goeie of slegte verandering? 


Isabel Roux

Isabel is die steoreotipiese tienermeisie. Sy spandeer graag tyd in haar kamer om te luister na Phoebe Bridgers en Taylor Swift en boeke te lees. Sy streef ook daarna om eendag ‘n crazy cat lady te wees. Sy word as melodramaties beskryf deur haar ouers en almal wat haar ken.