Koffie euforie: sielsgenot of sondebok?

[Annika van Zyl]

Bitter of soet, sterk of flou, min dinge sit skop in jou dag soos ‘n lekker koppie boeretroos. Die spesifieke herkoms van hierdie drankie word ingekleur deur stories van midde-Oosterse sheiks en ‘n trop bokke wat toevallig aan die boon begin knaag het. Die eerste betroubare bronne, lys egter 15de eeuse Yemen as die beginpunt van ons moderne cuppa joe.

Wat wink agter die boon?

Vroeër jare is koffie beslis as  ҆n knelpunt in gesondheidskringe beskou.  ‘n Onlangse studie deur Harvard Universiteit in die VSA toon egter dat koffie meer sielsgenot as sondebok is, alles binne perke natuurlik. Die inname van tussen twee en vyf koppies per dag kan lei tot ‘n laer geneigdheid tot tipe 2 diabetes asook ‘n verminderde risiko vir Parkinson se siekte, lewerkanker en depressie. Wees egter bewus dat weens die hoë kaffeinevlakke, kan ‘n laataand drankie jou rus verstoor. 

Koffie Quirks

Wanneer jy jou gunstelingkoffiewinkel binnestap, sien jy dikwels verskeie kliënte wat staan en kopkrap. Kan jy hulle blameer terwyl daar soveel opsies is om van te kies en te keur? 

‘n Espresso is  ҆n hoogsgekonsentreerde skoot suiwer koffie en word bedien in ‘n klein koppie sonder melk. ‘n Red eye gee ekstra skop en bevat een skoot espresso met drie skote koffie. ‘n Americano is ‘n gewilde ontbytdrankie wat sy oorspong onder soldate gedurende die Tweede Wêreldoorlog gehad het. Dit word gemaak met een skoot espresso en twee skote kookwater. Macchiato beteken “vlek” en is vernoem na die merk wat die gestoomde melk op die espresso agterlaat. Kliënte kan hier ekstra strope vir geursel byvoeg. Cappuccino’s bevat een of twee skote espresso en twee dele gestoomde melk. Cappuccino’s is bekend vir hulle lekker lagie skuim of room wat aan jou bolip vaskleef. Sielsgenot, beslis.

Koffiekonkoksies

As die koffiesmaak jou liries laat, hoekom dit slegs drink? Smul saam met Maroela Media en maak die koffie-en-kondensmelkroomys jou volgende kombuisprojek. Wie sou nou kon dink dat koffie en kondensmelk jou tone kan laat omkrul?

Volg die resep by:

Hier sê ons beslis, sielsgenot!

Steampunk koffie in die Kaap!

Die Britse nuusagentskap, The Telegraph, het Truth Coffee Roasting in Kaapstad as die beste koffiewinkel ter wêreld aangewys. Metaalpype, komplekse ratsisteme en anderwêreldse kelners maak Truth ‘n verbeeldingsvlug op ons voorstoep. Besoek gerus hierdie juweel by  Buitenkantstraat 36 in Kaapstad vir ure se euforie.

Ons is dit egter eens dat nie eers Truth met al sy eienaardighede en konkoksies kan kers vashou by ons eie Koffieblik nie. DF se eie koffie-euforie en sielsgenot koffiekletsplek.  Ons by die Herout sien uit daarna om die volgende koppie boeretroos saam met julle daar te geniet. Koffiegroete tot dan!


Annika van Zyl

Annika is altyd op ‘n drafstap en geniet atletiek, seevakansies en ‘n boeiende speurverhaal. Sy is vanjaar in graad 9, Hoërskool DF Malan is haar hart se punt en tyd saam met vriende en familie is vir haar kosbaar.