[Bianca Richter]
Wat behels die lewe van ‘n juffrou wie se daaglikse take vereis dat die linker- en regterkant van haar brein gebruik moet word om kreatiwiteit en kennis onder leerders te kweek? Juffrou Dorfling het die vermoë om, met haar sagte hart en bereidwilligheid om te help, inspirasie te prikkel by enige kunsleerder.
Wat is volgens Juffrou die lekkerste deel daarvan om ‘n kunsonderwyser te wees?
Leerders inspireer my met hulle idees en ek leer ook baie by hulle. Dit is lekker wanneer ek kan sien dat leerders nie bang is om hulle idees aan te spreek in die klas nie en as die kunsklas vir hulle ‘n veilige plek is om hulle gedagtes te deel met mekaar.
Waarom het Juffrou besluit om ‘n kunsonderwyser te word?
Ek sou te gevaarlik gewees het in wiskunde. Kuns is so ‘n breë veld en in kuns word daar oor meer gepraat as net die inhoud van die vak. Daarmee bygesê, is kuns ‘n baie lewendige vak en dit verg baie van ‘n leerder.
Hoe het Juffrou kuns beleef as ‘n student?
Ek het die beste kunsjuffrou gehad; haar naam was Marieta Forster. Sy het my so baie inspireer en elke periode by haar was soos ‘n veilige hawe.
Wat is Juffrou se gunstelingkunsmedium?
Ek sal sê houtskool, pen en ink. Dit is hoekom ek leerders altyd aanraai om dié mediums te gebruik.
Vind Juffrou dit ooit moeilik om kunswerke van leerders te bepunt?
Baie mense het my al gevra hoe merk mens ‘n kunswerk. Ek moet saamstem dat punte ‘n wroegende verpligting is. As ek kon kies, sou ek eerder ‘n ander prosedure daarvoor wou hê, want ‘n kunswerk moet nooit as die eindbestemming gesien word nie. Vir my is die belangrikste deel van kuns die terugvoer en gesels.
Hoe ondervind Juffrou die merk van die kunsvraestelle aangesien dit byna net langvrae insluit?
Die vraestelle is eintlik heerlik om te merk omdat elke persoon se eie interpretasie van ‘n kunswerk gelees kan word, maar dit is nogal baie merkwerk en soms is dit nodig om meer as een keer daardeur te werk om dit reg te interpreteer.
Ons kan dus sien dat die werk van ‘n kunsonderwyser baie meer kompleks is as wat dit voorkom. Dit is ook duidelik dat ‘n goeie onderwyser die passie kan ontlont vir nét so ‘n goeie onderwyser om gevorm te word.
Bianca Richter
Enige iets wat kuns en kultuur insluit, is iets wat Bianca se
belangstelling sal prikkel. Sy is bekend vir haar vreemde koskombinasies soos
roomys met tamatiesous. Haar gunstelingvak is biologie en sy sien altyd uit na kooroefeninge.