Mia Groenewald
Ek is besig om te verdwyn
besig om stadig maar seker uit jou hande uit te gly.
Ek is terug in ‘n morsige siklus wat weer van voor af begin.
Hierdie gat wat ek vir myself gegrawe het raak al hoe dieper
en sodra ek uitklim stoot jy my weer in.
Jy jaag my terug na ‘n eindelose stryd,
na die draadjie wat ek so bitter lank al probeer afbyt
maar ek het uiteindelik dit gekry wat ek nodig het
om hierdie hoofstuk finaal
en vreedsaam af te sluit.
Dit hang nou teen joú wang in twee geskeur.
So sien my, hoor my, voel my
want dit is die heel laaste keer.