[Annika Burger]
Om ‘n nuwe stokperdjie aan te pak, kan baie oorweldigend, maar tog ook opwindend wees. As jy graag wil begin bak, is daar ‘n reusehoeveelheid opsies om mee te begin wat dit moeilik maak om die regte beginner-resep te kies. Hier is ‘n paar maklike resepte wat ‘n beginner beslis kan probeer.
Suurlemoenskywe
Bestanddele:
- 115 g gesmelte botter
- ¾ koppie strooisuiker
- 1 suurlemoen se skil
- 2 eiers
- 1 suurlemoen se sap
- ½ teelepel bakpoeier
- ¾ koppie koekmeel
Bestanddele vir die versiersel:
- 1 koppie versiersuiker, gesif
- 3 eetlepels botter teen kamertemperatuur
- 2 eetlepels suurlemoensap
Metode:
- Voorverhit die oond tot 170°C.
- Sit bakpapier in ‘n vierkantige pan van enige grootte.
- Klits die botter, strooisuiker en suurlemoenskil in ‘n groot bak totdat dit ordentelik gemeng is.
- Klits die eiers en suurlemoensap by die mengsel.
- Vou die bakpoeier en meel in.
- Plaas die mengsel in die pan en bak dit vir 25 minute.
- Gee dit kans om af te koel nadat dit gebak het.
- Klits die bestanddele vir die versiersuiker bymekaar en versprei dit oor die gebakte suurlemoen.
- Sny dit in blokkies.
Oreo Cake Pops
Bestanddele:
- 24 Oreo-koekies
- 120 ml roomkaas
- 150 ml gesmelte witsjokolade
Metode:
- Maak die koekies fyn deur dit in ‘n voedselverwerker te sit of met iets soos ‘n koekroller te kap.
- Sit dan die koekiekrummels in ‘n groot bak en voeg die roomkaas daarby.
- Gebruik jou hande om die bestanddele deeglik bymekaar te meng.
- Rol dan die deeg in klein balletjies. Jy behoort 16 balletjies van die mengsel te maak.
- Sit dan die balletjies in die yskas vir 15 minute.
- Sit stokkielekker-stokkies in die balletjies en doop hulle een vir een in die gesmelte sjokolade.
- Sit dan die cake pops weer in die yskas totdat die sjokolade ook hard word.
Chai Tee-kolwyntjies
Bestanddele:
- 2½ koppies koekmeel
- 3 teelepels bakpoeier
- 120 ml melk
- 1 teelepel vanieljegeursel
- 2 Chai-teesakkies
- 110 g botter teen kamertemperatuur
- 1 koppie strooisuiker
- 2 groot eiers
Bestanddele vir die versiersel:
- 3 eetlepels botter teen kamertemperatuur
- 1 koppie gesifte versiersuiker
- 2 eetlepels lemoensap
- 2 teelepels lemoenskil
Metode:
- Voorverhit die oond tot 180°C.
- Sit papierhouertjies in ‘n muffinpan of smeer die pan baie deeglik met bietjie botter.
- Sif die meel en bakpoeier saam in in ‘n bak.
- Verhit die melk en vanieljegeursel in ‘n klein potjie op die stoof tot net voor kookpunt. Voeg die teesakkies by, verwyder die pot van die stoof en gee dit kans om af te koel.
- Klits die botter en strooisuiker vir vier tot vyf minute in ‘n groot bak totdat die mengsel glad is.
- Voeg die eiers, een op ‘n slag, by en klits elkeen vir een tot twee minute.
- Voeg ‘n derde van die meelmengsel by die bottermengsel en dan ‘n derde van die melkmengsel by (Maak seker dat dit koud is!). Herhaal hierdie proses totdat alles goed gemeng is.
- Sit die mengsel in die muffinpan.
- Bak jou kolwyntjies vir 25 minute en laat dit vir so 10 minute in die oond afkoel voordat jy dit uit die pan haal.
- Maak die versiersuiker deur al die bestanddele daarvoor te klits totdat die mengsel glad is. Versier die kolwyntjies wanneer dit heeltemal afgekoel is.
As jy besluit om enige van hierdie lekkernye te maak, moet jy seker maak dat jy dit op ‘n veilige manier doen en dit geniet.
Anika Burger
Anika geniet dit om tyd saam met vriende en familie te spandeer. By die skool is haar gunstelingvakke Engels, Duits en Ontwerp. In haar vryetyd is sy waarskynlik besig om te lees, na musiek te luister of flieks te kyk.