Mandeladag saam met Christo Brand

[Anika Burger]

Mandeladag is ‘n dag om Nelson Mandela se lewe en nalatenskap te vier. Ons herdenk al die waardes waarvoor hy gestaan het, mense wie se lewens hy verander het en die opofferings wat hy gemaak het om Apartheid te beëindig en Suid-Afrika ‘n beter plek te maak. In Suid-Afrika is Mandeladag ‘n tyd vir ons om self opofferings te maak deur ander in nood te help.

Op 16 Julie het Christo Brand tydens saal, DF besoek om ons meer oor sy vriendskap met Mandela te vertel.  

Christo Brand het as ‘n tronkbewaarder op Robbeneiland gewerk vandat hy 19 jaar oud was, waar hy vir Mandela verantwoordelik was. Tydens saal het meneer Brand ‘n praatjie gelewer waarin hy ons vertel het oor sy ervaring met Mandela, hoe hulle verhouding oor die jare verander het en hoe hulle goeie vriende geword het. Hy het stories gedeel soos die eerste keer wat hy vir Mandela gesien het, hoe hulle mekaar leer ken het en hul lewens nadat Mandela vrygelaat is.

In 2014 het meneer Brand ‘n boek gepubliseer, Doing Life with Mandela: My Prisoner, My Friend. In hierdie boek vertel Christo Brand meer oor sy lewe en sy ervaring om tydens Apartheid in Suid-Afrika groot te word. Hy vertel nog inspirerende stories oor Mandela en hulle jarelange vriendskap.

Nelson Mandela is ‘n goeie voorbeeld en ‘n inspirasie vir elke Suid-Afrikaner en sonder hom, sou ons land nie gewees het waar dit vandag is nie. 

Dit was vir DF baie spesiaal om hierdie Mandeladag saam met Christo Brand te vier.

Anika Burger

Anika geniet dit om tyd saam met vriende en familie te spandeer. By die skool is haar gunstelingvakke Engels, Duits en ontwerp. In haar vryetyd is sy waarskynlik besig om te lees, musiek te luister of flieks te kyk.