Mosaïek-bankie  

[Maine Koch]

Bring my jou gebreekte stukke  

En ek sit hulle saam met myne  

Om mosaïek te maak van die pyne  

Iets waarop die son warm fluister, Lam 

Luister na myne en kwale van joune oor vrae 

Beantwoord oor hoe die lewe gaan  

Hoe dit moet gaan voordat ons net kan kyk hoe die son op mosaïek-teëls lyk 

(Vir nou hou hulle by jou  

Bêre hulle in ‘n boksie in jou laaikas  

Bind hulle vas met ‘n lint waarop staan  

“vir later”) 


Maine Koch