Motivering is ’n wapen

[Elske Oosthuizen]

Jy het al twee keer om die baan gehardloop en daar is nog net 600 meter tot die eindpunt oor. Jou voete begin egter swaarder voel. Jy begin stadiger hardloop. Vir ’n sekonde dink jy aan wat sou gebeur as jy net van die baan afloop, maar jy hoor jou vriende jou naam skree en jou motiveer: “Jy het dit! Amper daar!” Skielik raak die 600 meter vinnig 400 meter, dan 200 meter en voor jy weet, het jy die eindpunt bereik! 

Motivering is die dryfkrag agter ons aksies. Dit skep en hits doelgerigte aksies aan. Motivering is emosioneel, kognitief, biologies en sosiale kragte. Dit is die rede hoekom ons deurdruk met ’n spesifieke aktiwiteit of doelwit en daarom is motivering van kritieke belang wanneer mense hul doelwitte wil bereik. Ons moet dus weet hoe om ons motivering te behou. 

Wanneer jy motivering wil skep, moet jy jou doel so spesifiek as moontlik maak. Dié doelwit moet realisties wees en inpas by jou lewe se skedule. Bepaal ’n sekere tydperk waarin jy die doelwit wil bereik, sodat jy vinniger aksie sal neem.

Een van die beste maniere om gemotiveerd te bly, lê by familie en vriende. Praat met jou geliefdes oor jou planne en dat jy hulle ondersteuning sal waardeer. Wanneer jy dink aan opgee, sal daar iemand wees om jou aan jou einddoel te herinner. Vriende en familie sal jou deur die struikelblokke help. 

Jy moet jouself met positiewe vriende en familie, wat jou sal aanhits en ondersteun, omring. Raadpleeg ’n voog wat jy vertrou vir advies gedurende ongemotiveerde tye. 

Skep ’n lys met die redes hoekom jy begin het. Jy kan gemotiveerd bly deur kort-kort weer na jou lysie te kyk en jouself te herinner aan jou motiewe. 

Stel kleiner doelwitte binne in jou groot doelwit. Dit is wat jy dag tot dag of week tot week wil bereik en wat jou nader aan die eindpunt sal bring. 

“Sukses is nie finaal nie, mislukking is nie fataal nie: dit is die moed om aan te gaan wat tel.” – Winston Churchill

Elske Oosthuizen

Wanneer Elske nie besig is om te oefen nie, is sy besig om na ‘n goeie fliek te kyk of ‘n goeie boek te lees. Sy is mal oor die natuur en gek oor warmsjokolade.

Bronne:

https://www.verywellmind.com/what-is-motivation-2795378
https://www.healthdirect.gov.au/amp/article/motivation-how-to-get-started-and-staying-motivated
https://www.healthdirect.gov.au/amp/article/motivation-how-to-get-started-and-staying-motivated

https://www.google.com/gasearch?q=quotes%20about%20morivation&source=sh/x/gs/m2/5#vhid=zephyr:0&vssid=atritem-https://www.shopify.com/za/blog/motivational-quotes