. . . ‘n Briefie vir duif

[Maine Koch]

En sy sê skryf

Skryf vir my oor die bossies in jou kop

Die onkruid wat ons deel

Die dandelions, geel, wat vas kleef aan jou corduroy-baadjie

Hulle wat lewe in drome van voortuine by droomhuise

Wat ons nog moet bou.

Sy sê die deur is blou;

Sal hom nog self verf.

Sy sê skryf;

Want ek wil die grond proe

Na reën,

Oop deur

En ‘n koppie tee met ‘n soen.

Sy sê ek doen dit so mooi,

Hierdie woorde wat ek so rondgooi

So ek skryf

. . .


Maine Koch