Layla Kamaar
Sarah Baartman was ‘n Khoi-Khoi-vrou wat vanuit haar tuiste in Suid-Afrika verwyder is en Londen toe geneem is, waar sy uiters verneder is.
Sarah Baartman is in 1789 in die Oos-Kaap gebore. Sy het beide haar ouers op ‘n jong ouderdom verloor en is in haar tienerjare as ‘n slaaf aan ‘n handelaar met die naam Pieter Cezar verkoop.
In 1810 is sy deur ‘n Britse skeepsdokter, William Dunlop, gevra om Londen toe te vertrek. Sy het ‘n kontrak geteken om geld te verdien vir haar werk in Londen, sowel as die belofte dat sy na vyf jaar kon terugkeer na Suid-Afrika. Vanweë haar eenvoudige lewe in ‘n landelike gebied in Suid-Afrika, het sy gesukkel om by haar nuwe lewe in Londen aan te pas. Sy was bang en het sy geen idee gehad watter lewe vir haar voorgelê het nie.
In Londen was sy voorgestel as die Hottentot Venus en sy is vir jare verneder en mishandel. Sy is uitgebeeld as ‘n eienaardige bron van vermaak vir die Europeërs.
In 1814 het Cezar haar aan Reaux verkoop en sy is na Parys toe geneem. Daar is sy in ‘n hok toegesluit en as ‘n sirkusdier gebruik. Bevele was vir haar gegee om te sit, te staan en toertjies te doen.
Sy is gebruik om op ‘n verhoog te staan. Dele van haar liggaam was ten toon gestel en sy is nie beskou as ‘n mens nie. ‘n Natuur- en dierkundige, met die naam George Couvier, het navorsing oor Sarah gedoen en beweer dat Sarah Baartman nie ‘n mens of ’n dier was nie.
Mevrou Sarah Baartman het op die jong ouderdom van 26 gesterf.
Nadat sy oorlede is, het die Franse haar geslagsdele bestudeer en dit in ‘n museum uitgestal, waar dit verder deur die publiek aanskou kon word. In 1981 het president Nelson Mandela gevra dat haar liggaam terug na Suid-Afrika gestuur kon word, sodat sy uiteindelik in vrede sou kon rus.
Sarah Baartman se nagedagtenis kan opnuut gevier word gedurende Erfenismaand, want sy inspireer tot vandag toe vroue wêreldwyd.