Selena Gomez en Hailey Bieber:  vyande of vriende?

Jean-Mari Vos

Ek is seker daarvan ons almal het al óf van Selena Gomez óf Hailey Bieber gehoor. Hierdie twee supersterre was in mekaar se hare na jare se heen en weer kommentaar, Instagram-stories en TikTok-video’s. Kom ons kyk ’n bietjie na hul meer onlangse drama van 2022 en 2023.

Nadat Justin en Hailey Bieber “ja!” gesê het vir mekaar in 2018, het sosiale media mal gegaan. Met mense wat kritiek lewer oor die manlike sensasie, Justin Bieber, se nuwe vrou en hoe Selena beter verdien, lyk dit asof die twee vroue nie op goeie terme is nie.

Niemand weet wat agter die skerms aangaan nie. ’n Foto wat Hailey Bieber op sosiale media opgelaai het van haar en Selena sê iets anders. Aanhangers van altwee hierdie modelle het begin dink dat alles agter die rug gesit is en dat die twee vriende geraak het.

In Januarie 2023 het Hailey saam met haar vriendinne, Kylie Jenner en Justine Skye, ’n TikTok-video gemaak. Daarin het hulle die populêre audio gebruik wat as volg lei: “I’m not saying she deserved it, but God’s timing is always right.” Selena se aanhangers het begin spekuleer dat die video na Selena verwys wat vroeër daardie week deur mense ge-body shame is nadat sy vakansiefoto’s op Instagram opgelaai het. Nie kort nadat Hailey die video opgelaai het nie, is sy gebombardeer met mense wat vir haar uitjou dat sy moet ophou onbeskof moet wees en die video afhaal. Kort voor lank, het Hailey die video afgehaal en aangegaan soos normaalweg.

Hailey se vriendin, Kylie Jenner, het toe nie daar gestop nie. Selena het in Februarie 2023 ’n TikTok-video opgelaai waar sy vir aanhangers vertel hoe sy haar wenkbroue per ongeluk ’n bietjie te veel gelamineer het. Kort daarna het Kylie ’n storie op haar Instagram opgelaai waar sy ’n foto wys van haar eie wenkbroue met die woorde: This was an accident?????”. Baie mense het begin glo dat Kylie ’n grap van Selena gemaak het.

Nie lank daarna nie het baie mense begin agterkom dat Hailey vir Selena na-aap met van klere tot grimmering, tot die uitleg van hul Instagram-profiele. Dit het later uigekom dat Hailey moorddreigemente gekry het en vir Selena gevra het om haar aanhangers in toom te hou. Selena het hierdie situasie na haar Instagram-stories toe gevat en haar aanhangers gesmeek om nie dreigemente na ander mense te stuur nie en om mekaar met respek en liefde te hanteer.

Noudat ons ’n klein samevatting van die Hailey en Selena 2023-drama het, kan ons nou besluit, is hulle vriende of vyande? Of is hulle êrens in die middel?