[Elske Oosthuizen]
Wat as daar ’n ander oorsaak agter jou verswakte visie is? Wat as die oorsaak agter jou verswakte sig moontlik jou gemoedstoestand kan wees?
Volgens die artikel The Link Between Mental Health and Your Vision deur MyVision.org(’n Groep oogkundiges wat poog om akkurate inligting oor ooggesondheid te verskaf.) is mense met gemoedstoestandprobleme meer geneig om kwale met hul visie te ontwikkel.
Jou visie kan ook jou gemoedstoestand beïnvloed
Volgens die artikel Mental stress as consequence and cause of vision loss: the dawn of psychosomatic ophthalmology for preventive and personalized medicine kan die verloor van jou visie ’n groot impak op jou stresvlakke hê. Jou stresvlakke verhoog wanneer jy jou visie verloor omdat jy moet aanleer hoe om aan te pas by nuwe gewoontes soos lees en mense se gesigte te leer herken. Die artikel sê verder dat wanneer jou stresvlakke verhoog, sal jou kortisolvlakke ook verhoog, wat die balans van jou senuweestelsel negatief beïnvloed. Dié wanbalans wat geskep word, sal skade aan die oog veroorsaak.
Die artikel Mental Health Effects of Vision Issues beweer dat waneer jy jou sig verloor, verdubbel die kans dat jy aan depressie sal lei. Jy hoef jou egter nie te veel hieroor te bekommer nie. Volgens die artikel Vision Loss and Mental health is daar vyf wenke vir gesonde oë. Fisiese aktiwiteit kan jou stresvlakke verlaag. As jy gesond eet, lei dit tot ’n verbeterde bui. Oogsiektes kan dalk algemeen in jou familie voorkom, dus kan jy jou familie se mediese geskiedenis met jou dokter deel. Deur te rook, verhoog jy die kans vir die verloor van jou visie en bly daarom liewers weg van enige vorm van rook (soos sigarette en e-sigarette). Jy moet ook jou kroniese kondisies bestudeer en seker maak dat jy jou leefstyl by jou situasie aanpas.
Prioritiseer jou gemoedstoestand om sodoende jou oë goed te versorg.
“Die oog is die juweel van die liggaam.” (Henry David Thoreau)
[Foto: Kayla de Freitas]
Elske Oosthuizen
Wanneer Elske nie besig is om te oefen nie, is sy besig om na ‘n goeie fliek te kyk of ‘n goeie boek te lees. Sy is mal oor die natuur en gek oor warmsjokolade.