Styl: 1950’s vs nou

Vrouens se styl in die 1950’s is gekenmerk deur vroulike en elegante klere wat deur die New Look gekenmerk is. 

Die New Look was ‘n groot neiging wat die 1950’s oorheers het. Klere is gemaak om ‘n spesifieke silhoeët te weerspieël. Hierdie silhoeët het bestaan uit ‘n dun middellyf, gestruktureerde bors en ‘n wye romp. Stylikone soos Marilyn Monroe val in hierdie kategorie. Grimering het bestaan uit natuurlike basisse, die kenmerkende kat-oog, met ‘n ligte skitter op die ooglid en natuurlik ‘n helder rooi lip, met veral klem op die mondhoeke. Hare is dikwels gekrul en altyd netjies gekam. Hoede was verpligtend en pols-lengte handskoene is ook dikwels gedra. Laer hakskoene en ballet flats was die mees algemene skoenkeuses. 

Moderne styl en kleredrag is baie meer divers. Alhoewel daar steeds populêre neigings is, is daar baie verskeidenheid wanneer dit by vandag se styl kom. Wat jy aantrek, hang af van jou sosiale groep, waarin jy belangstel, van watter media jy gebruik maak en watter klere jou aantreklik laat voel. Vandag se kleredrag word dikwels in kategorieë opgedeel wat bekend staan as  estetika of aesthetics. Aesthetics is nie net ‘n manier om spesifieke style te kategoriseer nie, maar ook ‘n groepering van soortgelyke goed en gebeurtenisse wat as mooi of ideaal geag word. Verskillende aesthetics het verskillende kleredrag, grimering en soms selfs lewenswyses. Mense kan hulself dikwels nie slegs in een aesthetic groepeer nie en dus trek hulle soos verskillende aesthetics aan. Voorbeelde van aesthetics is: Dark Academia, Cottage Core, Grunge, Streetwear en Soft girl Daar is selfs mense wat volgens die 1950’s aesthetic aantrek. 

Styl en kleredrag in die 1950’s in vergelyking met vandag is baie anders. Met nuwe en konstante veranderende media, is mense aan baie verskillende tipes kleredrag en style blootgestel. Dit lei tot diversiteit ten opsigte van styl wat die wêreld ‘n mooier plek maak.