Taylor Swift toer met haar trefferalbums 

[Isabelle Roux]

Jy mag dalk vir jouself vra: Wat is die Eras Toer? As jy graag wil weet, is hierdie die artikel vir jou.  

Taylor Swift, die popster wat in talle mense se harte ingeklim het, het die eerste November 2022 aangekondig dat sy ’n wêreldwye toer gaan onderneem.  

Taylor Swift het aanvanklik net haar Noord-Amerikaanse toerdatums aangekondig. Sy het later nog datums in die VSA bygevoeg, aangesien die stadions binne sekondes uitverkoop is. Sy het op 2 Junie 2023 haar Suid-Amerikaanse toerdatums aangekondig, waar sy in Argentinië, Meksiko en Brasilië gaan toer. Op 20 Junie het sy haar laaste toerdatums tot dusver aangekondig, waar sy Japan, Australië, Singapoer, Europa en die VK gaan besoek.  

By elk van haar toerdatums het sy spesiale gaste wat haar vertonings open en soms saam met haar sing. Party van haar gaste is groot name in die musiekbedryf soos Phoebe Bridgers, Sabrina Carpenter en Gracie Abrams.  

Nou, om die vraag waarvoor jy seker hierdie artikel lees, te beantwoord: Wat is die Eras Tour

Taylor Swift het 10 albums en honderde miljoene aanhangers. Sy het dus  besluit om te doen wat enige logiese persoon sal doen: ’n toer te reël waar sy liedjies van al haar albums sing in uitverkoopte stadions.  

Haar 10 albums is Taylor Swift, Fearless, Speak Now, Red, 1989, Reputation, Lover, Folklore, Evermore en Midnights.  

Taylor Swift het al vir haar musiek 12 Grammy-toekennings, 14 MTV-toekennings en talle meer ontvang. Om spesifiek te wees, het sy al ’n somtotaal van 540 toekennings gewen.  

Sy het ook haar plek in die musiekgeskiedenis bewys toe sy besluit het om haar eerste ses albums weer op te neem omdat sy geen beheer gehad het oor waar haar musiek gebruik is en hoeveel sy betaal is nie. 

Ons hou nog almal duim vas dat Taylor Swift toerdatums na Kaapstad aankondig, want jy weet nooit nie … 


Isabel Roux

Isabel is die steoreotipiese tienermeisie. Sy spandeer graag tyd in haar kamer om te luister na Phoebe Bridgers en Taylor Swift en boeke te lees. Sy streef ook daarna om eendag ‘n crazy cat lady te wees. Sy word as melodramaties beskryf deur haar ouers en almal wat haar ken.