Bianca Richter
Huiswerk het altyd daardie een uitskieter wat jy glad nie snap nie en ure op spandeer. Die goeie nuus is dat dit met die druk van ’n knoppie opgelos kan word. Daardie ondraaglike somme word verstaanbaar en jou mikpunte voel meer bereikbaar.
Wiskunde is vir die meeste ’n uidaging en volgens www.tutordoctor.com sien 37% van studente dit as hul moeilikste vak. Daar is verskeie toepassings wat hulp vir wiskunde bied. Jy hoef slegs ’n foto te neem van jou som, dan verskaf dit vir jou ‘n hele stap vir stap verduideliking van die probleem. Cymath en Photomath word beskou as die hulpvaardigste toepassings en albei kan gratis gebruik word. Cymath is in 2013 geskep en word deur kunsmatige intelligensie of AI aangedryf. Alhoewel Photomath minder bekend as Cymathis, verrig dit steeds dieselde funksie.
’n Student van Stanford Universitei thet gesê dat Khan Academy vir haar dien as ‘n hulpmiddel veral as sy nie hulp by haar ouers kan kry nie. Khan Academy is ’n nie-winsgewende organisasie met die doel om gratis opleiding te voorsien. Hulle het ’n gratis toepassing ontwikkel, sowel as ‘n webtuiste wat hulp met wiskunde, wetenskap, ekonomie, kuns en biologie bied. Die toepassing kan deur leerders en onderwysers gebruik word. Dit word ook in verskillende tale aangebied.
Skeinat-vrae is ontwerp om jou brein te prikkel en kan maklik tot slapelose nagte lei wanneer die internet nie ’n antwoord vir jou vraag het nie. Socrastic, ook ’n kunsmatige intelligensie toespassing, sal ’n antwoord vir al jou vrae kan voorsien. Jy voer enige vraag in en die toepassing gee vir jou verskeie webtuistes wat jou sal kan help daarmee. Dit is ook handig vir navorsing of enige ander huiswerkonderwerpe. Socrastic bied hulp met enige onderwerp, vanaf wetenskap tot literatuur en kan jou red van baie ongewenste gesukkel met skoolwerk.
Al is daar ’n wye veld van studiemetodes, is daar nog steeds toepassings wat effektief is vir almal om te gebruik wanneer dit tyd is om te hersien. Brainscape is ’n toepassing waarop jy vir jouself flitkaarte kan maak. Dit kan maklik gedeel word om almal se leerproses te vergemaklik. Dit, sowel as hulle webtuiste, is gratis.
As biologie vir jou ’n kopseer is: Complete Biology is ’n gratis toepassing wat formules, notas oor verskeie onderwerpe en selfs ’n woordeboek bevat sodat jy al jou definisies behoorlik kan opsoek, sonder enige moeite.
Met behulp van die regte toepassings sal jou akademiese mikpunte in 2023 bereik word en jou stres op grootskaal verminder word. Ons kan beslis dankbaar wees vir Steve Jobs wat vir ons die voorreg van toepassings gegee het.