Mignon Roux
Daar is ‘n baie goeie rede waarom sommige teaters gratis opgooi-sakkies uitgedeel het tydens die wys van hierdie Cannes Film Festival Palme d’Or-wenner en drie keer Oscar-genomineerde fliek.
Triangle of Sadness is ‘n fliek wat in drie afdelings verdeel word. Dit gaan oor die verhouding tussen Carl en Yaya wat genooi word na ‘n luukse seiljag saam met ‘n groep ryk mense met baie probleme. Die boot word aangeval deur moderne seerowers en dit lei na die sink van die boot. (Amper soos sy eie Titanic-oomblik.) Ongelukkig is daar min oorlewendes na die aanval.
Die eerste afdeling: Carl en Yaya se gelukkige verhouding is ‘n groot leuen. Alhoewel Yaya drie keer meer geld as Carl verdien, moet hy nog steeds vir alles wat hulle saam doen, betaal. Een voorbeeld wat uitgebeeld word is wanneer die paartjie gaan uiteet in ‘n spoggerige restaurant. Toe die rekening kom, breek daar ‘n groot rusie uit. Yaya weier om te betaal, alhoewel sy belowe het dat sy sou. Dadelik kom jy agter hoe valshierdie karakters kan wees.
Die tweede afdeling: Die storie begin spoed optel en baie nuwe karakters word bekendgestel, soos die skeepsbestuurder, Paula. Ai tog. Haar arme karakter poog deur die film om die kaptein uit sy kamer te kry vir ‘n ete. Alhoewel hy dit konstant uitstel, besluit hy finaal om dit te hou op die aand van ‘n groot storm.
Paula speel ‘n baie dominerende rol. Sy vertel vir die skip se bemanning om altyd vir die gaste “ja” te sê. Enige iets om daardie ekstra geldjie te maak, kom dit vir my voor. Sy vertel hulle selfs ook om alles te los en te gaan swem. Die seekatgereg is ook toe net so gelos. Die ete het vir die eerste paar minute goed verloop, maar toe begin die storm en word die bederfte seekat-gereg bedien. Die meeste gaste het naar geword en so kom die ete tot ‘n einde.
Die kaptein en een gas bly agter. Hierdie gas was verseker nie skaam vir ‘n glasie alkohol nie. Hulle laatnag geselsies eindig en die gas steel die kaptein se mikrofoon. Sy dronkboodskappies kon tot buite die boot gehoor word. Lyk my hy het nie verwag dat ‘n klomp seerowers dit sou hoor nie.
Die volgende bevat spoilers oor die film:
Die derde afdeling: Yaya word uitgespoel op ‘n vreemde eiland. ‘n Desperate Carl soek homself dood na haar, maar vind haar gelukkig. Onthou jy dat die ryk groep mense baie probleme het? Wel, daar is nog een. Hulle weet nie hoe om op hierdie eiland te oorleef nie. Dis nogal moeilik om niks op ‘n silwer skinkbord te kry nie. Gelukkig vir die groep, het dit nie lank gehou nie.
‘n Groot reddingsboot was op die regte tyd op die regte plek. Paula, wat ook oorleef het, het vir Abigail, ‘n skoonmaker, forseer om al die kos wat op die boot was, vir die rykes te versamel. In die geheim het sy ook vir haarself ‘n sak vol kos versamel. Later het Abigail haarself kaptein gemaak van die oorlewendes. Niemand het haar teengestaan nie en alles het goed verloop. Maar die fliek se naam is Triangle of Sadness. Dit kan nie vir te lank goed gaan nie.
Yaya besluit een dag om aan die anderkant van die eiland te gaan soek vir lewe. Abigail wil tog saamgaan, aangesien sy die kaptein is. Hulle het ‘n luukse oord gevind. Nadat hulle ‘n rukkie op die sand voor die oord gesit het, sien ons hoe Abigail ‘n klip agter ‘n bos gaan haal. Sy wil vir Yaya vermoor, aangesien sy verlief is op Carl. Praat van ‘n slegte situasie. Natuurlik kom Carl soos ‘n ridder op ‘n wit perd tot haar redding.
Die fliek eindig. Ons hoor net die liedjie Marea (We’ve lost dancing) wat speel. Die einde simboliseer dat Carl van Abigail se planne uitvind en dus vir Yaya wou red. Dit laat miljoene mense wonder oor wat gebeur. Selfs die filmmaker, Ruben Östlund, weet nie wat volgende gebeur nie.
Ons kan beslis trots wees op Suid-Afrika se Charlbi Dean Kriek, wat die rol van Yaya vertolk. Dit is 100% ‘n moet-kyk en gaan beslis in die toekoms ‘n Cult Classic word. Onthou net om dit nie ‘n leë maag te kyk.