Trooskoekies vir die winter

[Isabella Huisamen]

Soos die winterkoue nader kom, keer baie mense na hul kombuise toe om hulle trooskoekies en -happies te bak. Van klassieke gunstelinge soos sjokoladepoeding tot nuwe uitvindsels soos chai-gegeurde koekies. Hierdie artikel handel oor die winterbakresep: bruinsuiker-kaneelkoekies.

Almal is lief vir ‘n goeie kaneelsuiker-lekkerny en hierdie bruinsuiker-kaneelkoekies is presies so, maar saam met die perfekte smaak en taaiheid van bruinsuiker. Hulle is effens krakerig aan die buitekant en perfek sag aan die binnekant.

Die bestanddele vir die resep is soos volg:

• 230 g ongesoute botter

• 375 g bruinsuiker

• 125 g witsuiker

• 1 hele eier en 1 eiergeel

• 1 teelepel vanieljegeursel

• 565 g koekmeelblom

• ½ teelepel baksoda

• 1 teelepel kaneel

• Vir rol: ¼ koppie witsuiker en 1 teelepel kaneel

Metode:

  1. Klits die suikers en botter met ‘n elektriese klitser totdat dit goed gemeng is.
  2. Voeg die eier, eiergeel en vanieljegeursel by die bottermengsel. Klits weer totdat dit goed gemeng is.
  3. In ʼn aparte bak: Voeg al die droë bestanddele bymekaar. Meng dit saggies deur.
  4. Voeg die droë bestanddele bietjie vir bietjie by die nat-mengsel totdat dit ‘n deeg vorm.
  5. Rol balletjies van die deeg, omtrent 2 teelepel-grootte en rol dit deur die suiker en kaneel. Plaas dit op ʼn bakplaat bedek met bakpapier en sit dit in die yskas vir 60 minute.
  6. Wanneer die koekies reg is vir bak, haal dit uit die yskas uit en laat hulle tot kamertemperatuur afkoel terwyl jy wag vir jou oond om  180°C te bereik. Bak vir 14 tot 16 minute. Laat die koekies afkoel op die bakplaat.
  7. Geniet dit!

Net so maak jy vir jouself ‘n baie maklike en heerlike winterhappie! Bly warm hierdie winter en geniet elke oomblik van die bakproses.


Isabella Huisamen

Isabella is mal oor hokkie en swem. Wanneer sy nie besig is op die sportveld nie, spandeer sy tyd met haar hond.