Verwag ‘n fantastiese  2024 Formule 1-seisoen 

[Jean-Mari Vos]

Teen die tyd wat jy hierdie artikel lees, het 10 spanne reeds hul nuwe motors bekendgestel! 

Haas het eerste hul nuwe kar bekendgestel op 2 Januarie. Intussen het ‘n rits groot name soos Sauber, Williams, Aston Martin, Ferrari, Mercedes en McLaren hulle voorbeeld gevolg. Op 15 Januarie het Red Bull heel laaste hul kar bekendgestel. Gepraat van die beste vir laaste hou.

‘n Mens kan nie van Formule 1 praat en nie die Grand Prix-bestemmings byvoeg nie, so hier volg my gunstelinge: Die eerste stop is in Bahrein, by die Bahrain International Circuit op 2 Maart.

Dan volg  Saudi-Arabië op 9 Maart by die Jeddah Corniche Circuit. Die derde stop is in Australië by die Melbourne Grand Prix Circuit op 24 Maart. Vierde is in Japan, die tuisland van die spesiale Yuki Tsunoda, by die Suzuka Circuit op 7 April. Die vyfde stop is in China by die Shanghai International Circuit op 21 April. Kom ons slaan ‘n paar van die volgende Grand Prix-byeenkomste oor tot by my heel gunsteling, die Monaco Grand Prix.

Die Monaco Grand Prix is ‘n algemene gunsteling onder Formule 1-liefhebbers en die Formule 1-bestuurders self. Monaco staan bekend as die speelpark van die rykes en beroemdes, al is dit die wêreld se tweede kleinste nasie. Hierdie historiese koninkryk strek oor slegs 200 hektaar en beskik oor groot casino’s, ontwerperswinkelsentrums, weelderige kroeë en klubs, en ‘n mensgemaakte strand wat bekendes en vakansiegangers die hele jaar deur lok. Monaco is ook die plek waar die meerderheid van die Formula 1-spanne hul vakansies deurbring.

My tweede gunsteling-Grand Prix is die Singapoer Grand Prix. Hierdie wedren vind plaas by die Marina Bay Street Circuit en is die 18de resies van die seisoen. Singapoer het ook ‘n gunsteling geword toe Ferrari-bestuurder, Carlos Sainz, Red Bull se welbekende Max Verstappen se 10-wedrenrekord gebreek het. Hy was ook die enigste bestuurder buiten Red Bull Racing wat ‘n wedren in die 2023-seisoen gewen het. 

Laastens is die Grand Prix wat ek nie eens my grootste vyand sal laat doen nie. Die Katar Grand Prix vind plaas by die Losail Circuit op 1 Desember. Hierdie spesifieke wedren is bekend vir sy kontroversie. In die 2023-seisoen in Katar moes die Amerikaanse bestuurder, Logan Sargeant uit die wedren treë en is daarna deur die mediese span geasseseer vir dehidrasie. Dit was ook later bekend gemaak dat Esteban Ocon vir die laaste twee rondtes in sy helm opgegooi het en Alex Albon het ook hulp van die mediese span benodig om uit sy kar uit te klim. Met Katar se ondraaglike hoë temperature kan almal saamstem dat die wedrenne in Katar nie kinderspeletjies is nie.

Om op te som, die 2024 Formule 1-seisoen gaan fantasmagories wees en ék hoop om meer vir Carlos Sainz op die podium te sien.


Jean-Mari Vos

Jean-Mari is ‘n entoesiastiese meisie, wat graag skryf oor alles waarvan sy hou, soos Formula 1, Stray Kids (die musikante) en vele meer. Haar gunstelingvak is biologie! Sy hou ook baie van piekniek en om aanlyn inkopies te doen.