Ons het dalk die genot van mediumgaar steak, maar in werklikheid is vuur die oorsprong van baie meer as net luukse maaltye.
Vuur het gelei tot ’n vooruitgang van nie net die menslike evolusie nie, maar ook tot die ontwikkeling van die ekosisteem. Dit het ons voorvaders toegelaat om warm te bly in ysige omstandighede, gevaarlike roofdiere weg te hou en die ontwikkeling van meer gevorderde wapens en toerusting moontlik te maak.
Baie ekosisteme vind baat by beheerde brande, omdat hulle dooie organiese materiaal verwyder en baie plant- en dierbevolkings benodig die voordele wat vuur bring om te oorleef.
Daar word geglo dat die opkoms van Homo erectus uit sy meer primitiewe voorouers aangevuur is deur die vermoë om te kook. Alhoewel kos rou geëet kan word, hou gekookte kos baie meer voordele in. Gekookte kos voorsien die liggaam van meer voedingstowwe as rou kos omdat dit makliker is om te kou, te verteer en effektief bakterieë, wat voedselsiektes kan veroorsaak, doodmaak.
Deur mense op een plek en tyd bymekaar te bring om te eet, het vuur die grondslag gelê vir verhoudings en inderdaad, vir die menslike samelewing. Deur gebruik te maak van beheerde vuur kan hout en klip meer doeltreffend gemanipuleer word. Sonder vuur sou die ontwikkeling van toerusting nie ontstaan het nie en die stewige strukture om ons sou bloot uit riet en klei opgebou wees.
Deur die blote aksie van twee klippe teen mekaar te slaan, was daar ’n vonk en ’n vlam wat oorsprong gegee het aan die onbeskryflike gemak van die moderne lewenstyl van vandag.
Enige iets wat kuns en kultuur insluit, is iets wat Bianca se belangstelling sal prikkel. Sy is bekend vir haar vreemde koskombinasies soos roomys met tamatiesous. Haar gunstelingvak is biologie en sy sien altyd uit na kooroefeninge.