[Dante van Wyk]
Die Griekse woorde, “Na eisai kalyteros” beteken “wees beter”. Op 16 Januarie 2024 het ongeveer 250 krampies hierdie woorde goed leer ken, deur hulself op die skool se veld te bewys. Soos Hercules die twaalf take voltooi het, het hierdie jaargroep ons nie teleurgestel nie.
Maar, alle grappies op ‘n stokkie, was die volgende dag nie ‘n pretpark nie. Onder leiding van Zeus (Dirk Hagen), Athena (Emma Geringer), en die Ephors (seniorraadlede), het die vreemdelinge die skool ingevaar.
Elke krampie het ‘n noemnaam ontvang, die seniorraad se glorie ervaar en in ‘n oogwink het elke liewe krampie voor die hele skool in die aktiwiteitsentrum gesit. Nadat meneer Conradie oor sy uilkinders gesels het, kon almal die SR-video geniet en begin klas loop.
Om 11:45 was daar ‘n skoolaktiwiteituitstalling vir al die graad 8’s om te verken en daarna is ‘n boeresport op die veld gereël. Die dag is afgesluit met ‘n modevertoning en daarna kon almal verdaag.
Dag twee het aangebreek. Soos die vorige dag, was daar weer ‘n lang ry voetkrampe voor die hekke van die skool, opgewonde, maar ook angstig. Die seniorraad het hulle daar gekry en in rye laat wag. Die dag het afgeskop met ‘n praatjie in die AS waar die Raad van Leerders met die kinders kon praat. Daarna is speletjies gespeel en ‘n lekker lang pouse op die veld het aangebreek.
Teen 14:40 het die Amazing Race begin. Hierdie speletjies het bestaan uit talle aktiwiteite rondom die skool, waar spanne hierdie speletjies so vinning as moontlik moes voltooi om ‘n legkaartstuk te kry. As almal die speletjies voltooi het, moes hulle terugkeer na die AS en die legkaart bou. Die eerste span wat dit die vinnigste voltooi het, was die wenners. Alles het goed verloop, totdat sommige spanne te vinnig klaargemaak het en die hele storie op sy kop gegooi het. Gelukkig het Miné en haar span dinge uitgesorteer.
Terwyl die helfde van die graad 8’s rondgehardloop het, was die res besig met ‘n vasvrae. Van die absurdste vrae is gevra, soos “Wie is die langste: Dirk Hagen, DNeill du Toit of Martin Louw?”
Na almal dit geniet het, is aandete uitgedeel. Daarna moes almal in ‘n lang ry staan om gereed te maak vir die laaste aktiwiteit van die aand.
Die tyd was amper verstreke en die lang ry loop na die saal. Oud-onderwyser, meneer De Wet, en sy span dirigente wag vir die groep om tot ruste te kom en te leer hoe die gees in dié skool is. Van buite af kon jy net hoor hoe baie hierdie krampies hulself moeg gespring het, en ook die gedreun van meneer de Wet se stem.
Vrydag het die hele DF Malan die skool se 70ste verjaarsdag gevier met ballonne en ‘n reusepretpark.
Die laaste aktiwiteit vir die ontgroening was die seestap. Op 22 Januarie het die leierrade, onderwysers en graad 8’s op Melkbosstrand bymekaar gekom om te stap na Bloubergstrand. Daarna het hulle op die hoofstrand gerus en elke leerder het iets gekry om te eet en het daarna die week afgesluit deur terug skool toe te ry.
Dante van Wyk
Hierdie passievolle lid van die Bemarkingbulletin is versot op kodering, videospeletjies en om met die malste idees vorendag te kom. As hy nie besig is om aan video-idees te dink nie, kan jy hom vind waar hy besig is om ‘n video te redigeer.