Attachment
Anli Rademeyer
om verlief op jou te wees was die beste
en slegste ding
wat nog ooit met my gebeur het
maar die ding is
ek was nie regtig verlief op jou nie
dit was net die idee
dat ek jou het en jy het my
dit was asof ons die enigste twee mense op aarde was en al wat saak maak is
hoe ons na mekaar kyk
met jou het ek nooit onveilig gevoel
jyt my spesiaal maak voel
dis seker hoekom ek gedink het ek is verlief
maar ek was nie
ek was net attached
attached aan die idee dat jy my bo almal anders kies
attached aan jou siel
attached aan die manier wat jy na my gekyk het en my gerusgestel het en gesê het dat als oraait was en dat jy lief is vir my en dat jy gaan bly
en ek was so attached dat ek jou werklik geglo het
tot ons uitmekaar begin val het
ons het ophou praat
en dit het gevoel soos ‘n hele nuwe wêreld
sonder jou het ek geen waarde
niemand om op te fokus
en nou weet ek dat die beste ding vir beide van ons was om aan te beweeg
en ek sê vir myself ek is gelukkiger alleen
maar jy is altyd in my gedagtes
dis asof ek nie kan help om aan jou te dink
wanneer ek die kleur blou sien
of wanneer ek na daai liedjies luister waarvan jy gehou het
Toe ons ophou praat het dit gevoel soos
‘n hele nuwe begin
op ‘n goeie manier
maar ook op die depressiefste manier
wat jy jou kan indink
ekt heeltyd myself gevra
of als wat jy gesê het ‘n leuen was
want vir my
was dit moeilik om oor jou te kom
maar na ons goed geëindig het
het dit gevoel asof ek net nog ‘n meisie
op jou foon is
die manier wat jy met my gepraat het
my laat voel soos die belangrikste meisie in die wêreld
nou probeer ek verstaan of die gerusstelling net was om my attached te hou
of jy werklik so gevoel het
om attached aan jou te wees was so wonderlik
omdat ek nou weet wat om te verwag
ek weet wanneer ek iemand kan vertrou
en wanneer ek nie
en ek ken die verskil
tussen ware liefde
en
attachment