Mickayla Olivier
Hierdie vraag kan binne sekondes ’n debat veroorsaak wat vir ure lank duur en selfs dan is daar nog nie ’n duidelike antwoord nie. Ek het ondersoek ingestel en elke Koffieblikliefhebber wat ek kon vind se mening oor die saak gevra.
Ek het eers vasgestel waarom die Koffieblik so populêr is. Daar is ’n groot verskeidenheid redes soos die gerief van ’n heerlike, vars koppie koffie tydens pouse voor ’n dubbel wiskunde-periode. Die matriekleerders is ook die grootste aanhangers van die Koffieblik. Denique Lotze sê: ”Almal gesels in die ry en die geluk wat ervaar word as hulle koffie klaar is, is aansteeklik.” Leah Coetzee sê dat dit soos ’n klein koffiewinkel voel en baie gesellig is.
Dit is geen geheim dat juffrou Wiese een van die grootste Koffieblikliefhebbers in DF is nie. Juffrou Wiese sê dat die ervaring om met kollegas na die Koffieblik toe te stap en gesels, sowel as die manier hoe die koffie voorberei word, ’n groot verkoopspunt is wat haar laat teruggaan vir meer.
Volgende moes ek vasstel wat die gewildste item op die Koffieblik se spyskaart is. Die meerderheid van die onderwysers verkies cappuccinos en onder die Dee-Effers het moccas en yskoffies die eerste plek behaal.
Ek het tot die gevolgtrekking gekom dat daar nie werklik ‘n regte antwoord is nie en dat die Koffieblik nie net ‘n plek is om koffie of brownies te kry nie, maar dat dit ’n ervaring en ’n kans is om met jou mede-Dee-Effers te sosialiseer.
Mnr de Wet sê: ”Kitskoffie is fake koffie. Kitskoffie is wannabe koffie.” Dit is dus duidelik dat die Koffieblik die beste plek is om goeie koffie te koop.
WEN ’N KOPPIE VAN JOU GUNSTELINGDRANKIE VIR DIE HELE TWEEDE KWARTAAL
- Die kompetisie is oop vir leerders, ouers en onderwysers.
- Jy moet die Herout op Instagram volg by https://www.instagram.com/dieherout/.
- Beantwoord die volgende vrae en stuur die antwoorde saam met jou naam, van en selfoonnommer na herout.df@gmail.com
- Die antwoorde op die vrae moet in die artikels gevind word.
- Wat is DF-leerders se gunstelingdrankie by die Koffieblik?
- Noem een plek wat voorgestel word as ’n ideale plek om piekniek te hou in die somer.
- Hoeveel mense sterf elke jaar weens bloedverlies?
- Noem een ongewone gebruik van sampioene.
- Hoeveel toeriste behoort die Olimpiese Spele in Parys by te woon?
- Wie was verantwoordelik vir die bemarking van Die Herout?
- Wie is Die Herout se twee redakteurs:
- Op watter platform word DF-gaming gespeel?
- Van watter skool was die groep Duitse uitruilstudente?
Baie dankie aan Shaun Capes vir hierdie vrygewige prys.