Leanri Pretorius
Halloween of All Hallows Eve word op 31 Oktober gevier. Daar is mense wat glo dat spoke en hekse op hierdie dag gesien kan word
Dié feesviering het ontstaan by die Ancient Celtic Festival van Samhain, toe groot kampvure gemaak en kostuums gedra is om die spoke af te skrik.
Die Kelte het bestaan uit groepe wat afkomstig is van Europa. Hulle het dieselfde tradisies gevier, dieselfde geloof en kultuur gevolg en almal dieselfde taal gepraat. Die Kelte het oorspronklik Nuwejaar gevier op die eerste November. Die eerste November het die einde van hulle somer beteken en die begin van die donker, koue winter. Winter was ‘n tyd wat die dood geassosieer is.
Eers in latere jare, het Halloween-vieringe trick-or-treating begin behels. Trick-or-treating is wanneer kinders, in allerhande kostuums, van deur-tot-deur loop met ’n emmertjie en vra vir lekkers. Wanneer die persoon wat die deur oopmaak, nie vir die kinders ‘n lekker of iets soortgelyks gee nie, sal die kinders vir hulle ‘n poets bak.
Ander aktiwiteite wat ook plaasvind op hierdie dag is die kerf van pampoene, om Halloween-flieks te kyk en selfs piekniek hou in begraafplase. Dit is egter hoe Amerikaners Halloween vier. Wat van ons Suid-Afrikaners?
Vir die meerderheid van Suid-Afrikaners was dit ’n onbekende dag tot en met die 2000’s. Vandag is daar baie mense in Suid-Afrika wat Halloween vier. Een Dee-Effer het genoem dat sy nog nie bereid is om in ’n begraafplaas piekniek te hou nie, maar dat haar gesin al die aand van die 31ste Oktober feesvierings gehou het. Die meeste Dee-Effers vier egter nié Halloween nie.
Het jy geweet dat ’n kwart van alle lekkers wat in Amerika verkoop word, gekoop word tydens Halloween? Suid-Afrika is darem nog nie daar nie, maar daar sal beslis ‘n paar mense wees wat die aand van die 31ste Oktober die strate invaar, opsoek na ietsie soets.