Estetika: Die kunsbeweging wat die wêreld oorneem

Bianca Richter

Dikwels hoor ons die vraag: “Wat is jou aesthetic?”

Estetika is ‘n afdeling van filosofie wat handel oor die aard van kuns, skoonheid en smaak. Die estetiese beweging het weer sy plek gevind vanaf die 19de eeu. Die beweging het ontstaan as ‘n Europese kunsbeweging wat fokus plaas op selfuitdrukking eerder as die mening van ander. Die kuns het ‘n leefstyl geword in die 20ste eeu en al hoe meer mense se klerekaste word aangepas by dié nuwe mode. 

Die ware vraag is: Het die kunsbeweging ‘n positiewe of negatiewe invloed op die 21ste eeu?

Waar dit eers ‘n voorstelling van skoonheid was, is dit omskep in ‘n verwagting onder jongmense om esteties te wees. Daaglikse aktiwiteite van die mens word aangepas volgens ‘n tipe estetiese styl wat afkomstig is van ou modes of spesifieke kleure. Ander aspekte soos kos, musiek en belangstellings word ook aangepas volgens ‘n spesifieke estetika. 

Die koop van tweedehandse klere het baie gewild geraak in die laaste paar jaar. Dis nie net goedkoper nie, maar ook meer volhoubaar vir die omgewing. Nog ‘n positiewe aspek is dat mense die vryheid het om hulle eie styl te ontwikkel. Dit gee aan hulle die vermoë om te wys waarin hulle belangstel, eerder as om enige normale klerestyl te dra. Die kunsbeweging skyn meer lig op die onderwerp van liggaamspositiwiteit. Niemand hoef te voel dat hulle moet inpas nie, maar moet eerder hulle eie vorm van oorspronklik wees. 

Alhoewel daar baie positiewe faktore is, stem almal nie altyd saam met die beweging nie. Soms kan dié wat nie die beweging volg nie minderwaardig voel, aangesien dit so belangrik is onder die jeug.

Oscar Wilde, ‘n skrywer uit die 1880’s, het in sy boek The Picture of Dorian Grey gesê: “The artist is the creator of beautiful things.”Probeer om buite jou gemaksone te tree en eksperimenteer met die estetiese wêreld. Maak nie saak wat in die mode is nie, wees altyd die beste weergawe van jouself

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

seventeen + fifteen =