Herout gesels met nuwe mede-redakteurs

Jana Burger en Leah Coetzee

Uit met die oud en in met die nuut! 

Hallo mede-Herout-lesers, ons is Jana en Leah. Sit terug, kry jou springmielies reg en ontmoet die nuwe mede-redakteurs van die Herout

Leer vir Jana ken

Wanneer ek nie in ‘n ballet-ateljee is nie, sit ek met my neus in ‘n boek. Ek geniet die reuk van die see en weier om by DF se swemspan aan te sluit, selfs al spandeer ek ure op ’n branderplank tydens die Desember-vakansie. Ek geniet dit om tyd saam met my vriende te spandeer en om aan Engelse debatkompetisies deel te neem. Hekel het my nuwe stokperdjie geword en kuns maak my rustig (behalwe wanneer my kunstaak oor twee weke ingehandig moet word en ek nog nie halfpad is nie). 

’n Paar interessante feite oor myself

  • My MBTI-persoonlikheidstipe is INTJ.
  • My Pinterest-estetika is ‘n kombinasie van Dark Academia en Downtown Girl.
  • My kas lyk soos ’n oorlaaide wolwinkel.
  • Ek oefen ballet terwyl ek my tande borsel.
  • Ek ken al die liedjies van Hamilton uit my kop uit.
  • Volgens Leah kan ek nie rakke spel nie.

Leer vir Leah ken

‘n Plattelandse meisie met ‘n liefde vir macaroons. Dis hoe ek myself in een sin sou opsom. Teenstrydig met die normale 17-jarige tiener, geniet ek dit om op te som en om te leer. Ek is op my gelukkigste wanneer ek na Babylonstoren toe kan gaan en wanneer iemand vir my flou grappies lag. (Dis jou teken om te lag, leser). Wanneer ek nie Herout-artikels redigeer nie, lees ek oor politiek. Van die blou- en rooideelstate in Amerika tot die nuutste konflik in Oekraïne. Dit is van kernbelang om meer te weet as my pa en broer wanneer ons om die kombuistafel gesels.

‘n Paar interessante feite oor myself

  • Ek verkies Engelse tee bo koffie.
  • As jy my gelukkig wil maak, koop vir my sonneblomme.
  • Ek kan elke maaltyd ‘n pak druiwe opeet.
  • My pa dink ek is rigtingbedonnerd.
  • Sherlock Holmes is my gunstelingfliek.
  • Volgens Jana kan ek nie kombinasie spel nie.

Julle kan meer oor ons leer deur hierdie(https://open.spotify.com/playlist/78gxziiSLimNWPG4RMFtnT?si=6529abe4616547a5 ) Spotify playlist wat ons vir julle saamgestel het.

 🙂

Soos Porky Pig sou sê: “That’s All Folks!”