Kreatiwiteit is oral om ons

[Mia Nel]

Kreatiwiteit is die uitdrukking van die menslike gees. Kunswerke, musiek, dans, gedigte en boeke is die oordra van emosies op ‘n kreatiewe manier. Mense gebruik elke dag kreatiwiteit en dit is oral om ons, nie net in die kunsklas nie.

Wanneer jy kosmaak, probeer jy nuwe resepte en eksperimenteer met nuwe smake. Wanneer jy iets sien wat jy dink betekenisvol is, neem jy dit af. Selfs wanneer jy sport speel, is jy besig om nuwe strategieё te probeer en te dink aan wat jy volgende moet doen.

Dit is baie belangrik vir mense om kreatief te wees, maar hoekom?
Om enige aktiwiteit te doen wat jou verbeelding stimuleer, soos lees, skryf, bak en na musiek te luister, verminder stres. Mense wat kreatief is, is geneig om baie gelukkiger te wees. Studies het bewys dat daar ‘n positiewe verbintenis tussen kreatiwiteit en geestesgesondheid is.

Om kreatief te wees, help ons ook om ander mense se opinies te verstaan en meer aanpasbaar te wees. Dit maak dit vir ons moontlik om ander idees te aanvaar en om dieper na ‘n situasie te kyk. Jy kan dus so jou emosionele intellegensie uitbrei en jou probleemoplossingsvaardighede verbeter.

Ons almal weet hoekom mense kreatiwiteit nodig het, maar hoekom is dit belangrik om te skep en deel te wees van kreatiwiteit? Kreatiwiteit is ‘n ontvlugting van die realiteit. Om kreatiwiteit in te neem, soos om na musiek te luister, ‘n fliek te kyk en ‘n boek te lees, is ‘n baie goeie manier om van die realiteit te vergeet, maar om self te skryf, te teken of te verf, is nóg beter vir ons geestesgesondheid. Om iets te skep en om te sien hoe jy jou idee lewe gee, laat jou goed en vol hoop voel.

Kuns verbind ons. Dit verbind ons met onsself, ons kultuur, met ons medemens en ons gemeenskap. Kreatiwiteit is oral om ons en in elkeen van ons. Jou gunstelingliedjie, jou klerestyl en die flieks wat jy kyk, is alles deel van ons identiteit.

‘We read and write poetry because we are members of the human race. And the human race is filled with passion. And medicine, law, business, engineering, these are noble pursuits and necessary to sustain life. But poetry, beauty, romance, love. These are what we stay alive for.’ – John Keating (uit Dead Poets Society)

Mia Nel

Mia is ‘n totale gr. 8-boekwurm wat verlore raak in ‘n goeie boek. Haar gunstelingkos is pasta en sy is mal oor groen.