[Christina Bradley]
DF se sport en gees word perfek tydens hierdie toer uitgebeeld. Selfs na ses ure op pad Mosselbaai toe, op 12 busse, het ons ons nie laat afsit nie.
Vroeg daardie Vrydagoggend was almal aan die ry. Daar is liedjies gesing, geskree en gees gevang. Talle foto’s en video’s is van die mooi natuur buite die bus geneem.
In Mosselbaai was die koue langs die see nie vir sissies nie. Die hotelle het darem daarvoor opgemaak; al het daar hier en daar iemand verdwaal.
Die gees was hoog toe ons by Hoërskool Punt aankom. Die pawiljoene langs die hokkie- en rugbyvelde is gepak met almal wat kom ondersteun het. Wen of verloor – in hulle harte was dit ‘n wen.
Almal het daardie aand laat gaan slaap, danksy die wedstryde en meer as een moes ‘n gaap sluk. Niemand kon oor die ontbyt kla nie en almal het weer bietjie energie bygekry.
Die dag se weer was nie veel beter nie, maar die pannekoeke wat daar by die skool verkoop is, het definitief ‘n paar mense se dag gemaak. Oral waar jy gekyk het, het iemand ‘n pannekoek gehad.
Toe ons uiteindelik moes terugry, was almal maar baie moeg. Hier en daar het iemand geslaap: op die sitplekke en selfs op die bus se vloer. Dit was baie laat toe ons by DF inry.
Ek dink almal kan saamstem dat dit werklik ‘n goeie toer was – wen of verloor – moeg of nie. Die gees is groot hier by DF!
Christina Bradley
Christina is beslis ‘n sosiale persoon wat nie sommer jou naam gaan vergeet nie. Hierdie gr. 8-leerder is mal oor musiek en kan nie daarsonder leef nie.